Friday, March 13, 2009

Kerrie Noedelslaai

Hierdie noedelslaai is seker al so oud soos die berge self. Maar dit bly 'n treffer. Wat die slaai so spesiaal maak, is dat dit laaaaank in die yskas hou - en dit word lekkerder hoe langer dit in die yskas is. Ek het al weergawes teëgkom waar mense die sous kook en dit inmaak ook. Hoe dit ookal sy, dit bly een van die lekkerste noedelslaaie wat daar is.

Kerrie Noedelslaai

500 g skroefienoedels
1 ui
125 ml asyn
200 ml wit suiker
tabascosous na smaak (opsioneel)
1 soetrissie
250 ml tamatiesous
125 ml olie
25 ml kerriepoeier
knippie peper

Kook die noedels en dreineer goed. Halveer, ontpit en kap die soetrissie fyn. Skil en kap die ui. Meng die noedels, soetrissie en ui in 'n slaaibak. Meng die res van die bestanddele saam en gooi dit oor die noedels. Meng dit liggies.
Verkoel voor opdiening.

2 comments:

  1. Hallo Leanda
    Net 'n vinnige dankie - ek woon in Brisbane Australie en het onlang jou resep gebruik om slaai vir ons troue te maak. Dit was heerlik, en ek het baie komplimente gekry daarvoor. Mari Gibson

    ReplyDelete
  2. Hard Rock Hotel & Casino - Mapyro
    Hard Rock Hotel & Casino · 대구광역 출장마사지 Hard 제천 출장안마 Rock Hotel & Casino Kansas 제주도 출장안마 · Hard Rock Hotel & Casino Kansas · 양주 출장안마 Hard Rock Hotel & Casino Kansas · Hard 거제 출장샵 Rock Hotel & Casino Kansas.

    ReplyDelete