Friday, April 23, 2010

Die Selderysop Dieet Resep

Ek het heelwat versoeke vir die resep van die Selderysop-Dieet gekry. Om die eerlike waarheid te sê, het ek al van dié ene vergeet. Dit het noudiedag in ‘n gesprek opgekom en toe besluit ek om dit te gaan soek en bietjie te kyk hoe dit lyk.

Na bewering is die dieet vir ernstig-oorgewig mense by hospitale in die VSA gegee om vinnig gewig te verloor voor hartchirugie. Die idee is, omdat die sop uit negatiewe kalorieë bestaan, dit laag in vet en laag in koolhidrate is, jy soveel van die sop kan inneem as wat jy wil, veral as jy honger is. (Seker beter as daardie sjokolade, huh?) Maar dan ook, die groente in die sop is gesond, hoog in anti-oksidante, kan jou immuunstelsel ‘n hupstoot gee en kan jou energievlakke verhoog.

Aan die ander kant kan dit jou hoofpyn gee, lighoofdig, winderig en sommer net plein beduiweld maak.

Maar mense wat die dieet gevolg het, beweer dat hulle 5-10kg per week verloor het. Minder as jy kroek, en meer as jy oefen. Dié dieet sal verseker enige dieetkundige se hare sal laat rys, want hulle sal dadelik vir jou sê dat dit nie volhoubaar is nie, en dat jy die gewig vinniger gaan optel as wat jy dit afgeval het. Maar vir ‘n vinnige oplossing vir ‘n spesiale geleentheid mag dit dalk net werk…

En omdat ek een van daardie mense is wat ‘n dieet nodig het, maar nog nooit werklik by een kon hou nie – gaan ek die resep vir julle gee en nie ‘n woord verder sê nie…

*** As enige van julle die dieet gaan volg, laat weet bietjie hoe dit gegaan het en hoeveel gewig julle verloor het.

(En onthou, as jy enige mediese probleme het of onseker voel, is dit beter om maar eerder met jou dokter of dieetkundige te gesels voordat jy enige dieet volg.)

Die Sop Resep

900 g tamaties
6 groot uie
1 bondel seldery
2 x 410g blikke groenboontjies
1,5 kg wortels
2 biefaftrekselblokkies
1 pakkie wit uiesop

Doop die tamaties in kookwater sodat die skilletjies maklik kan afkom. Skil en kap die groente in blokkies, plaas in ‘n gróót kastrol en bedek met water. Gooi die aftrekselblokkies en soppoeier in en kook vinnig vir 10 minute. Verlaag dan die hitte en prut tot die groente sag is.
Geur met sout, peper, kruie en spesery na smaak.
As jy van ‘n “chunky” sop hou, kan jy dit net so gebruik, maar andersins kan jy dit fynmaak met ‘n stick blender of in ‘n versapper.
Dit maak ‘n groot hoeveelheid sop, so sorg dat jy spasie in jou vrieskas het!

Die Dieet

Die idee met die dieet is dat jy soveel sop kan eet as wat jy wil, veral as jy honger is. Dan ook :

DAG EEN –
Eet soveel sop en vars vrugte as wat jy wil, maar GEEN piesangs.

DAG TWEE –
Eet soveel sop en groente (rou of gestoom) as wat jy wil, maar GEEN ertjies, boontjies of mielies.
Beloon jouself met ‘n lekker groot gebakte aartappel met ‘n klont margarien bo-op.

DAG DRIE –
Eet soveel sop, vrugte en groente as wat jy wil, maar GEEN piesangs en aartappels.

DAG VIER –
Eet soveel sop as wat jy wil, en ‘n maksimum van 6 piesangs.
Drink soveel vetvrye melk as wat jy wil.

DAG 5 –
Eet soveel sop as wat jy wil, 500 g beesvleis of vis en 6 ryp tamaties.
Drink ten minste 6 glase water op hierdie dag.
Jy kan die beesvleis vervang met hoender.

DAG 6 –
Eet soveel sop, beesvleis en groente as wat jy wil, maar GEEN aartappels.

DAG 7 –
Eet soveel sop, bruinrys en groente as wat jy wil.
Drink onversoete vrugtesap.

Die Reëls –
Geen brood
Geen alkohol
Geen dieetkoeldrank
Drink 6-8 glase water
Neem ‘n multivitamien
Probeer koffie vermy, maar as jy moet – kafeïenvry
Drink eerder rooibos, groen- of kruietee d
Drink tee en koffie met vetvrye melk.
Jy kan onversoete vrugtesap drink, maar dan moet dit 1 deel vrugtesap verdun met 4 dele water wees.
Oefen ! Oefen ! Oefen !

16 comments:

  1. Hi ek en my verloofde gaan op verlof en ek wil graag paar kg verloor die diet klink ampe soos die "cabbage soup diet" ek wil maandag met die sop diet begin en oefeninge by doen ek het n magie wat ek ontslae van wil raak het jule enige aner raad by asb x seker met so 10kg oorgewig HELP asb

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi, het jy toe die diiet probeer? Hoe het dit gegaan? Ek is nou op dag 2

      Delete
  2. Ek volg nou die dieet ek is op dag 3 vandag! Ek moet se van al die diets wat ek al gebruik het is di een di maklikste een om mee by te hou want als proe nie so vaal en vervelig nie! Wie almal het al die diet gedoen en hoeveel het julle verloor?

    ReplyDelete
  3. En? Hoe het dit toe gegaan met die dieet! Gewig verloor? Is dit die moeite werd?

    ReplyDelete
  4. hey
    ek het vandag begin met die dieet maar was al voor die jaar ook op hom my man het in twee weke so 16 kg verloor met oefen by wat ons doen ek het gekroek so het nie verloor nie maar die keer sit ek my als in soos hul se drink daar water ek dink dit help baie

    ReplyDelete
  5. Hi joudene, wil net hoor of jy die dieet toe volgehou het en hoeveel gewig jy verloor het? Ek oorweeg dit sterk!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hallo julle, ek is op dag 1 met die sop dieet. Wil hoor hoe gaan dit met julle? En of die dieet vir julle gewerk het. Ek is 23 kg oorgewig en wil bitter graag so paar kg verloor as 'n kick start.

      Delete
  6. HI EK WIL NOU OOK DIT PROBEER EN HET OOK N LEKKER MAGIE GEKRY,TEL GEWIG OP VIR NIKS...KYK NET VIR IETS DAN TE EK DIT OP EN LOOP ELKE DAG.ENIGE IEMAND MET RAAD VIR DIE MAAG ASB?(EK HET LAERUG PROBLEME SO KAN NIE TE HEAVY GAAN

    ReplyDelete
  7. HI EK WIL NOU OOK DIT PROBEER EN HET OOK N LEKKER MAGIE GEKRY,TEL GEWIG OP VIR NIKS...KYK NET VIR IETS DAN TE EK DIT OP EN LOOP ELKE DAG.ENIGE IEMAND MET RAAD VIR DIE MAAG ASB?(EK HET LAERUG PROBLEME SO KAN NIE TE HEAVY GAAN

    ReplyDelete
  8. Hi Anonymous (22 Sept 2013). Ek was laas jaar op die dieet omdat ek ook so ongelooflik gewig opgetel het. Ek het my 5kg verloor in d eerste week (sonder oefening), maar die oomblik toe ek dit los 7kg opgetel. My probleem was my skildklier wat onderaktief was (of wel glad nie gewerk het nie). Indien jy die dieet volg en weer jou kilos optel, gaan sien 'n dokter om 'n TSH toets te doen, Ek het sonder enige dieet 15kg verloor in 4maande se tyd nadat ek die behandeling gekry het. Onthou daar is baie fakore in mens se liggaam wat saam speel as dit by gewig kom.... Ek gaan nou weer op die sop dieet om te sien of daar nie dalk nog is wat ek kan verloor nie alhoewel ek klaar op 'n aanvaarbare gewig is. Hoop julle almal kom reg met die dieet, ek het hom sien werk ;)

    ReplyDelete
  9. MORE. EK WAS OP N SPUIT DIEET EN TOE MY SIKLUS KLAAR WAS HET EK WEER GEWIG OP GETEL EN BLY NET OPTEL. EN HET VANDAG MET DIE SOP BEGIN. MAAR EK NET BANG AS EK MY KILOS VERLOOR HET EN TEL WEER OP.

    ReplyDelete
  10. KAN EK SAAM MET DIE SOP DIET ANNIQUE SHAKE DRINK IN DIE OGGENDE VIR ONTBYT

    ReplyDelete
  11. ek het maandag begin met sopdiete, en vandag, Woensdag het ek 3 kg verloor.
    die diete is baie goed

    ReplyDelete
  12. Hi almal, ek moet se dat ek al die sop dieet voledig gedoen het en 6kg verloor het. Dit was moeilik maar my wilskrag was sterk genoeg. Kan ook wel se dat om dit vir 'n 2de keer te doen(n jaar na die eerste keer) dit glad ni lekker is ni. Dink heeltyd aan lekker kosse dan gooi ek maar vir my 'n koppie sop in...

    ReplyDelete
  13. ek was 2 weeke op die dieet en het 13 kg verloor,maar het weer opgetel,rede ,weer terug gegaan na my ou eet gewoontes so hang van jou self af disepliene ek het die dieet nou aangepas om 1 keer n maand op dit te gaan en voela dit werk vir my

    ReplyDelete
  14. Hey eks by dag 3 en het al 3 kg verloor dis my 2 de keer wat ek dit doen 1ste keer gekroek en het net 3 verloor na n maand wat ek nou weer kaans sien net 1 kg in hele maand opgetel so gaan nou uithou tot ek my 15 kg verloor het mt net sterk bly desember omidraai dankie vir die dieet 1 ste dieet wat ek volg meer as 3 dae

    ReplyDelete