Sunday, April 12, 2009

Eet Meer Groente - Broccoli

Het jy geweet?

Broccoli is a dark green vegetable, with small, tight heads (curds) that are mounted on stem-like buds. It is a member of Brassica family of the Cruciferous vegetables, which includes kale, cabbage, cauliflower and Brussels sprouts. Its scientific name is Brassica aleracea and was originated in Italy. Broccoli has become a popular vegetable all over the world and is used in a variety of dishes and cuisines. However, very few people know that it has significant health benefits, which can prevent the occurrence of many hazardous diseases. Its nutritional value can be estimated from the fact that it is the storehouse of protein, carbohydrates, calcium, iron, Vitamin A and Vitamin C. Apart from this; it contains effective phytochemicals and antioxidants, which combat various ailments. Some of the profound health benefits of Broccoli are given below.

Nutritional Value of Broccoli
Given below is the amount of nutrients in 100 gm of broccoli:
Carbohydrates - 6.64 gm
Sugars - 1.7 gm
Dietary Fiber - 2.6 gm
Fat - 0.37 gm
Protein - 2.82 gm
Water - 89.30 gm
Vitamin A equiv - 31 μg
β-carotene - 361 μg
Thiamine (Vit. B1) - 0.071 mg
Riboflavin (Vit. B2) - 0.117 mg
Niacin (Vit. B3) - 0.639 mg
Pantothenic acid (B5) - 0.573 mg
Vitamin B6 - 0.175 mg
Folate (Vit. B9) - 63 μg
Vitamin C - 89.2 mg
Calcium - 47 mg
Iron - 0.73 mg
Magnesium - 21 mg
Phosphorus - 66 mg
Potassium - 316 mg
Zinc - 0.41 mg
Energy - 30 kcal (140 kJ)

Health and Nutritional Benefits of Broccoli
Weight reduction
Controls Diabetes as it is a rich source of chromium that helps regulate insulin and blood sugar.
Anti-aging
Help prevent arthritis
Prevents Osteoporosis ,due to its high calcium content
Has anti cancer properties and suppresses lung, colon and breast caners
Helps prevent Alzheimer’s disease
Rich in cholesterol-reducing fiber and has antiviral and antiulcer activity
Cures constipation
Helps fight against Toxemia and Neuritis
Helps in controlling high blood pressure
Helps regulate the digestions of food
May prevent cancer in organs and glands with epithelial tissue, because of its high Vitamin A content
Contains a substance called Sulphorafane, which reduces the production of malignant tumors.

Broccoli Gebak

500 g broccoli
20 ml botter
20 ml koekmeelblom
knippie mosterd
sout en peper na smaak
300 ml melk
3 eiers, geskei
75 g gerasperde Cheddarkaas

Kook die broccoli tot gaar, maar nog effens bros en dreineer. Smelt die botter en voeg die meel by. Voeg die mosterd, sout en peper by. Kook oor lae hitte en roer die melk geleidelik by. Laat kook terwyl gedurig geroer word. Verwyder van die hitte en voeg die broccoli by. Voeg die eiergele by die broccoli-mengsel. Klits die eierwitte styf tot hulle sagte punte vorm en vou dit by die mengsel in. Gooi die mengsel in 'n gesmeerde oondvaste bak. Sprinkel die kaas bo-oor. Bak teen 180 grade vir 45 minute.

Gebakte Broccoli

500 g gaar broccoli
250 g gerasperde kaas
200 ml melk
3 eiers
sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer 'n vlak tertbord of spuit met kleefwerende sproei. Pak die gaar broccoli in die bord en sprinkel die kaas bo-oor. Klits die melk en eiers saam en geur na smaak met sout en peper. Gooi die mengsel bo-oor die broccoli. Plaas die bord in 'n groter bak met kookwater in. Bak die gereg onbedek vir 45 minute of tot die eiermengsel gestol is. Bedien warm.

Het jy geweet?
Die tegniek om 'n gereg binne-in 'n ander bak met kookwater te bak, word bain marie genoem. Dit is 'n sagter manier van gaarmaak - die water dien as isolasie sodat die gereg nie vinnig uitdroog of brand nie. Dit word veral gebruik by geregte waar eiers 'n hoofbestanddeel is. Die metode is eintlik eenvoudig - sit jou bak met die gereg in binne-in 'n groter bak. Maak die groter bak so halfvol kookwater en sit dit so in die oond.

Broccoli Kasserol

500 g gaar broccoli, in stukkies gesny
3 eiers
400g-blik sampioen roomsop
250 ml mayonnaise
125 ml gerasperde Cheddarkaas
1 ui, gekap
sout en swartpeper na smaak
6 soutbeskuitjies (bv Salticrax of Bacon Kips)

Meng die broccoli, eiers, sop, mayonnaise en ui saam. Geur met sout en peper. Gooi die mengsel in 'n gesmeerde oondvaste bak en sprinkel die kaas bo-oor. Maak die soutbeskuitjies fyn en sprinkel dit bo-oor. Bak teen 180 grade vir ongeveer 30 minute, tot die sous borrel en die kaas gesmelt en goudbruin is.

Heerlike Broccoli-Gereg

1 kg broccoli
250 g spekstukkies (bits of bacon)
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
250 ml vars room
400 g Emmentallerkaas, gerasper

Breek die broccoli in stukke en was deeglik af. Stoom tot half gaar. Braai intussen die spek tot bros. Plaas die broccoli in 'n gesmeerde, oondvaste bak, strooi die spek bo-oor en geur na smaak met sout en peper. Giet die room oor en meng tot goed gemeng. Sprinkel die kaas bo-oor en bak in 'n voorverhitte oond teen 180 grade vir ongeveer 20 minute of tot die kaas gesmelt en goudbruin is. Bedien warm.

Geroomde Broccoli

1 kop broccoli
250 ml room
2 knoffelhuisies, gekneus
1 ml fyn neutmuskaat
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
45 ml gerasperde Parmessaankaas
2,5 ml suurlemoensap

Maak die broccoli skoon en kap die stingels en blommetjies effens kleiner. Kook dit in kokende soutwater tot net sag, so ongeveer 4 - 6 minute. Dreineer goed en hou eenkant. Giet die room, knoffel, neutmuskaat en sout en peper in 'n kastrolletjie en bring tot kookpunt. Prut liggies vir ongeveer 5 minute tot die mengsel verdik en verminder het. Voeg die broccoli by en verhit. Maak dit fyner met 'n aartappel "masher". Verwyder van hitte en roer die Parmessaan en suurlemoensap by. Bedien warm.

Broccoli Slaai

Hierdie is seker een van die bekendste slaaie in Suid-Afrikaanse kombuise en daar bestaan heelwat variasies van die slaai. Hierdie een is die een wat ek altyd maak - die slaaisous is net onweerstaanbaar lekker vir my!

2 broccoli koppe
1 ui, fyn gekap
250 g spek stukkies (bits of bacon)
150 g Cheddar, in klein blokkies gesny
Sous:
250 ml mayonnaise
100 ml kondensmelk

Breek die broccoli in stukkies en spoel dit af. Sny in kleiner stukkies. Kook die broccoli en ui in vinnig-kokende water vir 2 minute. Dreineer in 'n vergiettes sodat al die water afloop. Braai die spek tot gaar en bros. Laat alles goed afkoel. Meng die broccoli met die spek, en meng dan die kaasblokkies daarby in. Meng die mayonnaise en kondensmelk saam en roer dit deur die slaai. Verkoel voor opdiening.

Broccoli-Kapokaartappels

Hierdie reseppie is die ideale oplossing as jy nog 'n kop broccoli in die yskas het, maar jy opsien teen gestoomde broccoli met witsous. Dis heerlik - en ek wed jou selfs die kinders gaan dit eet!

750 g aartappels
1 kop broccoli
250 ml melk
30 g margarien
250 ml gerasperde Cheddarkaas
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Skil die aartappels en sny in die helfte deur. Kook in vinnig-kokende water vir 10 minute. Spoel intussen die broccoli af en sny in kleiner stukkies. Gooi die broccoli by die aartappels en kook vir 'n verdere 5 minute. Dreineer en gooi die aartappel en broccoli terug in die kastrol. Maak die groente fyn met 'n aartappel "masher". Gooi die melk en margarien by, en meng goed deur. Roer die kaas in en geur na smaak en sout en peper. Bedien warm.

Broccoli-en-Spek Muffins

Hierdie is 'n treffer - hetsy as bykos saam met 'n braai of sommer net vir tee tyd.

375 ml gaar broccoli, in klein stukkies gesny
200 g spek stukkies (bits of bacon)
1 ui, fyn gekap
50 g gerasperde Cheddar
10 ml vars pietersielie, gekap
5 eiers
125 ml olie
140 g koekmeelblom
12,5 ml bakpoeier
5 ml mosterdpoeier
5 ml sout

Voorverhit die oond tot 200 grade. Braai die spek en die ui tot die spek gaar en die ui goudbruin en sag is. Meng die broccoli, spek, ui, kaas en pietersielie saam. Klits die eiers en olie saam. Sif die meel, bakpoeier, mosterd en sout saam. Voeg alles bymekaar in 'n groot mengbak en meng liggies tot net gemeng. Skep die mengsel in gesmeerde muffinpannetjies. Bak vir 25-30 minute tot gaar. Laat effens afkoel en keer uit. Bedien louwarm met botter.

Variasie: Vir 'n spesiale geleentheid kan jy teen die einde van die baktyd 'n bietjie gerasperde kaas bo-op elke muffin sprinkel, asook 'n bietjie paprika. Plaas die muffins terug in die oond sodat dit kaas kan smelt.

Eet Meer Groente - Blomkool

Blomkool is seker een van die groete wat die minste waardeer word. En tog is dit heerlik as dit reg gaargemaak word, en ook baie gesond.

Het jy geweet?

Cauliflower is a vegetable belonging to the Brassica oleracea species, which also includes cabbage, Brussels sprouts, kale, broccoli and collard greens. The vegetable originated in the Northeast Mediterranean and is presently cultivated in most of the countries of the world. It has a white head and stalk and is surrounded by thick, green leaves. However, the stalk and the leaves are discarded and only the head (white curd) is eaten. Cauliflower can be had in the raw, cooked or pickled form, though it the raw form that holds the highest nutritional value. Given below is complete information on the health and nutrition benefits of eating cauliflower.

Nutritional Value of Cauliflower
Given below is the amount of nutrients in 100 gm of raw cauliflower
Carbohydrates - 5 g
Sugars - 2.4 g
Dietary fiber - 2.5 g
Protein - 2 g
Thiamin (Vitamin B1) - 0.057 mg
Riboflavin (Vitamin B2) - 0.063 mg
Niacin (Vitamin B3) - 0.53 mg
Pantothenic acid (B5) - 0.65 mg
Vitamin B6 - 0.22 mg
Folate (Vitamin B9) - 57 μg
Vitamin C - 46 mg
Calcium - 22 mg
Iron - 0.44 mg
Magnesium - 15 mg
Phosphorus - 44 mg
Potassium - 300 mg
Zinc - 0.28 mg
Energy - 20 kcal (100 kJ)

Health & Nutrition Benefits of Eating Cauliflower
The allicin in cauliflower is known to promote a healthy heart and reduce the risk of strokes
Cauliflower contains selenium and vitamin C, both of which work together to strengthen the immune system.
Cauliflower has been associated with the maintenance of a healthy cholesterol level.
Being rich in folate, cauliflower is known to help improve cell growth and replication.
The high amount of fiber in cauliflower improves colon health and can even help prevent cancer.
Recently, it was found that cauliflower contains ‘indole-3-carbinol’, a substance that can prevent breast and other female cancers.
The glucosinolates and thiocyanates, present in cauliflower, increase the ability of liver to neutralize potentially toxic substances.
Cauliflower acts as a blood and liver detoxifier.
Sulforaphane, a substance in cauliflower, can remove cancer causing chemicals and also stop the spread of cancer cells, even in the later stages of their growth.
Researches have suggested that cauliflower contains certain phyto-chemicals that might help reduce the risk of some hereditary cancers.
The people suffering from the following ailments can benefit from the consumption of cauliflower:
Arthritis
Asthma
Constipation
High Blood Pressure
Kidney and Bladder Disorders

Ek het al baie maniere probeer om blomkool gaar te maak, en die een wat die beste werk, is om dit te stoom. Een manier is om dit in 'n vergiettes bo-oor kookwater in 'n kastrol te stoom. Maar die maklikste manier is in 'n "Food Steamer". Ek het al lank terug belê in een van daardie oulike masjientjies. Dit werk soos 'n droom vir elke tipe groente wat daar is.

Nou ons weet almal een van die negatiewe dinge van blomkool is die feit dat die stingels gewoonlik kliphard is, en die blommetjies al sag. En as ons die spulletjie kook/stoom tot die stingels sag is, is die blommetjies onaangenaam pap. My skoonma het vir my die oplossing gegee en ek moet sê, dit werk. Dit is bietjie meer moeite, maar dit maak dit die moeite werd. So maak mens: Wanneer jy die blomkool afwas en skoonmaak, sny net die boonste lagie van die stingeltjie af. Jy sal sien daar is sulke stukkies wat lyk soos blare langs die stingel net onder die blommetjie? Trek dit af en skil dié wat jy nie aftrek nie, ook af. Die blommetjies en stingels word gevolglik gelyk gaar. Daar het jy dit. Perfekte blomkool elke keer!

Maar wat maak mens nou daarmee? Probeer gerus die volgende:

Blomkool met Spekvleis-witsous

1 groot blomkool, in blommetjies gebreek
4 repe spekvleis
30 ml botter
60 ml koekmeelblom
375 ml melk
sout en peper na smaak
25 ml pietersielie, fyn gekap

Kook die blomkool in ‘n bietjie soutwater tot net sag. Dreineer en skep uit in ‘n opdienbak. Hou warm.Braai spekvleis in pan tot bruin en bros. Skep uit en kap fyn. Voeg die botter by die panvet en smelt. Voeg die koekmeelblom by en roer goed tot glad. Verhit weer sowat 1 minuut lank terwyl gedurig geroer word. Verwyder van die hitte en voeg die melk stadig by terwyl aanhoudend geroer word. Plaas terug op die hitte en verhit totdat die sous kook en verdik. Roer gedurig. Voeg die spekvleis by en geur na smaak met sout en peper.Giet die sous oor die blomkool en sprinkel die pietersielie net voor opdiening by.

Gebraaide Blomkool

Jy mag dié ene dalk al in die Spur geproe het...

1 blomkool, skoongemaak en in stukkies gesny.
1 eier, geklits
250 ml koekmeelblom
sout en peper na smaak
olie vir diepbraai

Week die blomkool in kookwater vir 15 minute. Dreineer die kool en sprinkel bietjie sout oor. Doop die blomkool in die geklitste eier. Geur die meel met sout en peper en gooi in 'n plastieksakkie. Plaas die blomkool in die sakkie en skud dit goed tot die met meel bedek is. Verhit die olie tot warm, en braai die stukkies blomkool in die warm olie tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier en sit warm voor.

Blomkool met Mayonnaise

Die kombinasie van mayonnaise en mosterd komplimenteer blomkool perfek. Ek was nogal self verbaas oor dié een.

1 blomkool, skoongemaak en in stukke gebreek
250 ml mayonnaise
15 ml voorbereide mosterd
5 ml mosterdpoeier
150 g Cheddarkaas, gerasper

Maak die blomkool gaar en plaas in 'n gesmeerde, oondvaste bak. Meng die mayonnaise, mosterd en mosterdpoeier saam en gooi dit oor die blomkool. Sprinkel die kaas bo-oor en bak in 'n voorverhitte oond teen 180 grade tot die kaas gesmelt en goudbruin is. Bedien warm.

Warm Blomkoolslaai

1 blomkool, in blommetjies gebreek
4 snye ham
2 hardgekookte eiers, geskei
4 snye brood
olie vir braai

Kook die blomkool vir 90 sekondes in kokende soutwater. Sny die ham en die eierwitte in klein blokkies. Sny die brood in blokkies en braai goudbruin in die olie. Rangskik die ham, blomkool, eierwitte en broodblokkies in ‘n slaaibak. Rasper die eiergele bo-oor.Bedien die slaai warm met vleis.

Blomkoolring

Hierdie resep verg dalk 'n bietjie meer moeite, maar dis die moeite werd vir 'n spesiale geleentheid. Baie lekker saam met braaivleis.

1 gaar blomkool, versap
15 g botter
sout, peper en fyn neut na smaak
30 g botter
45 ml koekmeelblom
500 ml melk
6 eiers
125 ml Parmessaankaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 160 grade. Plaas die versapte blomkool in ‘n kastrol. Voeg die 15 g botter by en geur met die smaakmiddels. Maak ‘n witsous: Smelt die 30 g botter en roer die meel daarby. Kook vir 1 minuut. Voeg die melk geleidelik by totdat die sous glad en dik is. Geur goed na smaak. Klits die eiers goed en meng met blomkool in kastrol. Roer die sous by. Rasper die kaas fyn en voeg dit by die mengsel. Meng goed. Skep in ‘n gesmeerde ringpan en bak vir 30 minute. Keer uit en bedien warm.

Gebakte Blomkoolgereg

1 groot blomkool
6 stukke rugspek
230 g rooi soetrissie, in repies gesny
200 ml crème fraîche
175 g Cheddarkaas, gerasper

Breek die blomkool in groot stukke en kook tot net sag, maar nog bros. Dreineer en plaas in ‘n gesmeerde oondbak. Braai die spek tot gaar en bros en sny in groterige stukke. Hou eenkant. Braai die soetrissie in die spekvet tot gaar. Meng die helfte van die spek met die soetrissies en meng dit liggies met die blomkool. Meng die crème fraiche met 2/3 van die kaas. Smeer die kaasmengsel oor die blomkool en sprinkel die orige kaas en spek oor. Rooster onder die roosterelement van die oond tot die bokant goud verkleur het en die sous begin borrel (ongeveer 5 minute). Bedien met knoffelbrood en groen slaai.

Blomkoolslaai

1 kop blomkool, skoongemaak en in blommetjies gebreek
150 g soetsuur agurkies, gesny
100 g kaas, in blokkies gesny
1 ui, fyngekap

Sous:
150 ml klaarbereide slaaisous (heuning en mosterd is nogal lekker, of songedroogde tamatie)
25 ml tamatiepuree
5 ml Worcestersous
50 ml sonneblomsaad

Stoom die blomkool in bietjie water tot gaar, maar nie sag. Dreineer. Meng die slaai bestanddele liggies saam. Meng nou die sousbestanddele en gooi oor die slaai. Sprinkel die sonneblomsaad oor. Verkoel voor opdiening.

Blomkool-en-Tamatiegereg

500 g gevriesde blomkool
125 ml tamatie-en-uiesmoor
2 knoffelhuisies, gekneus
125 g spek, gebraai
2 groot eiers, gekook en gekap
1 pakkie kits witsouspoeier, aangemaak met
200 ml water
50 g kaas en uieskyfies
125 ml Cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 grade. Kook die blomkool tot net sag. Dreineer goed. Roer die tamatie en uiesmoor by die blomkool in. Roer die knoffel en spek by en gooi uit in 'n gesmeerde oondvaste bak. Sprinkel die gekapte eier bo-op en gooi die witsous bo-oor. Maak die skyfies effens fyner en meng dit met die kaas. Sprinkel bo-oor die gereg en bak in die oond vir 12-15 minute tot bros en deurgaar. Bedien warm.

Kerrieblomkool

Baie lekker saam met braaivleis. Maar jy kan dit ook as vegetariese hoofete voorsit. Bedien dit dan op rys. Die ideale ligte wintersgereg.

15 ml olie
1 medium ui, gekap
5 ml komynsaad
5 ml mosterdsaad
2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 medium blomkool, in blommetjies gebreek
5 ml rissiepoeier
2 ml borrie
5 ml fyn koljander
5 ml fyn komyn
10 ml masala poeier
sap van 1 suurlemoen

Verhit die olie in’n groot pan of wok. Braai die uie en sade oor medium hitte tot ligbruin en die saadjies begin kraak. Voeg die aartappel by en braai vir 2 tot 3 minute. Voeg die blomkool by en braai vir 5 tot 6 minute. Roer die oorblywende bestanddele in. Bedek en kook liggies vir 10 tot 15 minute, tot die groente gekook is. Voeg bietjie water by as mengsel vasbrand. Moenie roer nie, anders gaan die groente opbreek. Bedien warm.

Eet Meer Groente - Groenboontjies

Ah, groenboontjies! Ek is gek oor 'n groenboontjie. My Lief hou natuurlik glad nie daarvan nie, en Erik staan sterk agter sy pa op dié een. Maar net so lief soos wat ek vir 'n groenboontjie is, net so 'n schlep is dit om skoon te maak en te kerf. So as jou begroting dit toelaat, koop gevriesde of geblikte boontjies. Hier by ons is dit in elk geval goedkoper om gevriesde boontjies te koop as die vars weergawe!

Benefits of Green Beans

Green beans, also known as string beans, are cultivated in almost all the countries of the world. They are grown from summer through early fall, but thanks to modern-day freezing and canning processes, are available round the year. They are deep emerald green in color and taper down to a slight point on either side, as they come towards the end. Within the thin pods of the beans, one can find a number of tiny pods. Though green beans vary in size, their average length is around 4 inches. In the following lines, we have provided information on the health and nutrition benefits of eating green beans.

Nutritional Value of Green Beans
Given below is the amount of nutrients in 1 cup (125 gm) of green beans:
Calcium - 57.50 mg
Copper - 0.13 mg
Dietary Fiber - 4.00 gm
Folate - 41.63 mcg
Iron - 1.60 mg
Magnesium - 31.25 mg
Manganese - 0.37 mg
Omega 3 Fatty Acids - 0.11 gm
Phosphorus - 48.75 mg
Potassium - 373.75 mg
Protein - 2.36 gm
Tryptophan - 0.03 gm
Vitamin A - 832.50 IU
Vitamin B1 (Thiamin) - 0.09 mg
Vitamin B2 (Riboflavin) - 0.12 mg
Vitamin B3 (Niacin) - 0.77 mg
Vitamin C - 12.13 mg
Vitamin K - 20.00 mcg
Calories - 43.75

Health & Nutrition Benefits of Eating Green Beans
The presence of vitamin K in green beans makes them very good for maintaining the health of bones.
Consumption of green beans helps the body in reducing the amount of free radicals and thus, prevents cholesterol from becoming oxidized and cause blocked arteries.
Being rich in potassium, folate, magnesium and riboflavin, green beans are good for the cardiovascular health of an individual.
The high amount of fiber present in green beans helps in lowering high blood pressure.
The vitamin C and beta-carotene in green beans lead to much lower risk of developing colon cancer.
Having anti-inflammatory properties, green beans are beneficial for those suffering from asthma, osteoarthritis, and rheumatoid arthritis.
Studies have revealed that green beans help reduce the frequency of migraine attacks in people.
Being rich in iron, green beans serve as a very good source of energy and are beneficial for menstruating as well as pregnant women.
Regular consumption of green beans has been associated with strengthening of the immune system.


Outydse Groenboontjies

Die bekendste van alle groenboontjie-disse. Outydse groenboontjies soos ons oumas dit gemaak het!

300 g groenboontjies
1 ui, gekap
2 aartappels, in blokkies gesny
1 skaapskenkel (dis nie nodig nie, maar dit maak die boontjies heerlik)
250 ml kookwater
sout en peper na smaak
10 ml botter of margarien
knippie neut

Was die boontjies af en kerf dit. (Om tyd te spaar, kan jy ook 300 g gevriesde groenboontjies gebruik, maar verminder die water dan na 200 ml toe.) Plaas die boontjies, ui, aartappels, skaapskenkel en kookwater in 'n kastrol en verhit dit saam tot kookpunt. Laat dit vir ongeveer 'n uur lank stadig prut. Gooi nog water by indien nodig. Geur met sout en peper en laat al die water wegkook. Verwyder nou die skaapskenkel. Roer die botter by die boontjies in en geur met neut, indien verkies. Roer die boontjies goed deur, en druk bietjie van die aartappel fyn. Bedien warm.

Wenk:
As jou mense nie van neut hou nie, laat dit uit.
Ek het al spekstukkies (Bits of Bacon) ook hierby ingegooi as ek nie 'n skaapskenkel gehad het nie. Dis net so lekker.

Gebakte Groenbonegereg 1

500g groenboontjie stukkies (nie french cut nie)
250g spekstukkies (Bits of Bacon)
1 groot ui, grof gekap
500 g groenboontjies, gesnipper
125 g spek
1 groot ui
1 ryp tamatie
15 ml mielieblom
125 ml water
5 ml sout
knippie peper

Kors:
4 medium aartappels
125 ml warm melk
5 ml gedroogde pietersielie
2 ml bakpoeier
2 ml sout
knippie sou
75 g gerasperde Cheddarkaas

Kook die boontjies in bietjie soutwater tot net gaar. Dreineer dit goed. Sny die spek kleiner. Sny Skil die ui en tamatie en kap dit grof. Braai die spek liggies, en voeg dan die ui en tamatie by. Braai saam tot die ui deurskynend is. Los die mielieblom in die water op en voeg die sout en peper by. Voeg die mielieblom-mengsel by die spek en roer dit totdat dit verdik. Voeg die groenboontjies by en meng liggies. Skep die boontjies in 'n gesmeerde oondvaste bak.

Kors:
Skil die aartappels en sny in blokkies. Kook dit tot sat. Dreineer. Maak kapokaartappels met die melk, pietersielie, bakpoeier, sout en peper. Meng alles goed saam. Roer 2/3 van die kaas by. Skep die kapokaartappels oor die boontjiemengsel en maak gelyk. Strooi die res van die kaas bo-oor. Bak die gereg tot die gereg deurwarm en die aartappels goudbruin is.
Bedien warm.

Gebakte Groenbonegereg 2

2 x 410g-blikke groenboontjies (verkieslik Franse snit)
50 ml olie
2 ml sout en knippie peper
125 ml suurroom
broodkrummels
125 ml gerasperde kaas

Verhit die oond tot 180 grade. Smeer 'n vlak tertbak of spuit met Spray & Cook. Dreineer die boontjies deeglik. (Sit 'n sif bo-op 'n plastiekbak en gooi die boontjies in die sif. Laat 'n tydjie staan.) Meng die boontjies liggies met die olie, sout en peper. Skep die boontjies in die gesmeerde oondvaste bak. Gooi die suurroom bo-oor. Meng die broodkrummels met die kaas en gooi bo-oor. Bak dit vir 30 minute tot deurwarm en die kaas gesmelt en goudbruin is. Bedien warm.

Ingemaakte Kerrieboontjies

Net so 'n Suid-Afrikaanse gunsteling! Inmaak mag dalk na baie werk klink, maar jy sal later baie bly wees dat jy 'n flesse hiervan het. Dit is heerlik saam met braaivleis. Daar is vreeslik baie resepte vir ingemaakte kerrieboontjies, maar ek het besluit op dié reseppie. Ek het dit in my ouma se resepteboek gekry. Dis die resep van Tannie Lubbe, wat jare lank my ouma se buurvrou was. Tannie Lubbe was 'n ronde tannie en het heerlik geskel, maar sy kon kook! (Vir die interessantheidshalwe sit ek die ou mates by. Ja, ek weet 4 pond is nie heeltemal 2 kg nie, en 2 pond is nie heeltemal 1 kg nie, maar een boontjie of ui meer sal nie die boontjies laat flop nie!)

2 kg gesnipperde groen boontjies (4 lb)
1 kg uie (2 lb)
1,25 liter asyn (5 k)
10 ml borrie (2 t)
15 ml sout (1 e)
500 ml suiker (2 k)
45 ml kerriepoeier (3 e)
15-20 ml mielieblom (3-4 t)

Kook die boontjies en uie sag, maar nie pap nie. Meng die asyn, borrie, sout, suiker en kerrie saam. Plaas dit in 'n groot kastrol en bring tot kookpunt. Voeg die boontjies en uie hierby en kook deeglik deur. Maak die mielieblom met bietjie water aan en voeg by. Roer terwyl dit verdik. Skep in warm, gesteriliseerde flesse.

Wenke by die Inmaak van Groente:
Daar is baie wenke oor die inmaak van groente, en baie kundiges het al boeke daaroor geskryf. Dus gaan ek nie hier kommentaar daaroor lewer nie. Ek gaan wel drie dinge met julle deel wat vir my werk.
1) Wat die sterilisasie van die flesse betref, vind ek die mikrogolf werk die beste. Gaan na jou naaste babawinkel en gaan koop een van daardie mikrogolf "steam sterilisers". Hulle is nie te duur nie en werk soos 'n droom. Jy plaas die flesse daarin, micro dit op hoog vir 5 minute en jou flesse is reg. (Ek het 'n elektriese een gekoop toe Luka gebore is, en dit werk nog beter. So as jy van plan is om baie in te maak en konfyt te kook, is dit 'n goeie belegging.)
2) As jy die mengsel in die flesse skep, is dit baie belangrik om 'n dik handskoen of dik gevoude vaddoek om die fles te draai. Julle sal nie glo hoeveel mense het al 'n hand verbrand as daardie warm mengsel die fles slaan nie. (Dit klink eintlik obvious, né? Maar so weet ek 'n warm oond maak seer en tog brand ek my gereeld daarin!)
3) Dis belangrik om die mengsel wat jy inmaak, warm te hou. Dit hou die mengsel vloeibaar, en die hitte help om dit steriel te hou. Die hele idee van inmaak is om die voedsel te beskerm teen allerhande kieme en dinge, sodat dit lank op die rak gebêre kan word. As daar dus kieme inkom, sit jy gou met vrot flesse. Dieselfde geld ook vir hande en gereedskap wat jy gebruik - hou dit skoon!
4) Ek draai my flesse kop onderstebo as dit vol is. Dis seker nie nodig nie, maar ek glo dit help om die flesse beter te verseël.

Knoffelboontjies

350 g groenboontjies
100 g spinasie
15 ml olyfolie
1 knoffelhuise, gekneus

Kook die boontjies in soutwater tot sag. Terwyl die boontjies kook, stoom die spinasie sommer gaar in 'n vergiettes oor die kookwater waarin die boontjies kook (sit 'n deksel op). Wanneer die groente gaar is, dreineer en skep uit die pot uit. Verhit die olyfolie in dieselfde kastrol en soteer die knoffel daarin vir 30 sekondes. Skep die boontjies en spinasie terug in die kastrol en meng goed. Geur na smaak en verhit tot die mengsel warm is.
Bedien warm.

Spek-en-Feta Groenboontjies

250 g pakkie spekstukkies (Bits of Bacon)
500 g gevriesde groenboontjies
5 ml fyn knoffel
100 g fetakaas, gekrummel
2.5 ml uiesout
knippie swart peper
30 ml water

Plaas die spek in 'n groot braaipan. Kook oor medium hitte tot die spek gaar en bros is. Skep dit uit die pan uit en hou van die vet oor vir later. Hou so 30 ml van die spek uit vir garnering.
Kook die boontjies in bietjie soutwater tot ontdooi, maar nog nie heeltemal gaar nie. Dreineer, druk droog met kombuispapier en laat eenkant. Verhit nou weer die pan met die vet in, en braai die knoffel daarin tot goudbruin. Voeg die boontjies en feta (hou bietjie uit vir garnering) hierby in, en geur met die uiesout en peper. Verhit die boontjies oor matige hitte tot deurwarm en tot die meeste van die feta gesmelt het- dit neem ongeveer 2 minute.
Skep die boontjies uit in 'n opdienbak en sprinkel die oorblywende spek en feta bo-oor vir garnering. Bedien warm.

Gebakte Knoffelboontjies

30 ml olyfolie
7,5 ml appelasyn
5 ml droë uievlokkies
1 knoffelhuisie, gekneus
1 ml sout
knippie peper
375 ml gevriesde groenboontjies, ontdooi
15 ml droë broodkrummels
15 ml gerasperde parmesaankaas
5 ml botter of margarien, gesmelt

Voorverhit die oond tot 180 grade.
Meng die olie, asyn, ui, knoffel, sout en peper saam in 'n mengbak. Gooi die boontjies by en meng goed saam sodat die boontjies met die mengsel bedek is. Skep die boontjies oor in 'n gesmeerde oondbak. Meng die broodkrummels, kaas en botter saam, en sprinkel dit bo-oor die boontjies. Bak onbedek vir 10-15 minute of tot die gereg deurwarm is.

Wenk:
As jy nie van die smaak van parmesaan hou nie, kan jy dit vervang met Cheddarkaas.
As die broodkrummel en kaasmengsel te min lyk na jou smaak, kan jy dit enige tyd verdubbel (of tot jy tevrede is).
Tuisgemaakte broodkrummels is net so lekker soos die gekooptes, en verder is dit 'n goeie manier om van ou brood ontslae te raak. Maak jou eie droë broodkrummels soos volg:
1) Gebruik enige brood van jou keuse. Verhit die oond tot 180 grade. Plaas snye brood op 'n bakplaat en laat in die oond vir 30 minute, of tot die brood heeltemal droog is. Verwyder die brood uit die oond en laat dit afkoel. Sit in 'n voedselverwerker en verwerk tot dit fyn krummels is. Bêre in 'n lugdigte houer.
2) Neem vars brood en breek dit kleiner. Sit dit in 'n voedselverwerker en verwerk dit tot dit fyn of growwe broodkrummels is. Plaas die krummels in 'n groot braaipan en braai dit tot dit goudbruin en heeltemal uitgedroog is. Laat dit op 'n bord afkoel en bêre in 'n lugdigte houer.

Kaasboontjies

250 g gevriesde boontjies
15 ml fyngekapte ui
1 knoffelhuisie, gekneus
5 ml botter of margarien
sout en peper na smaak
ongeveer 30 ml gerasperde kaas

Kook die boontjies in bietjie soutwater tot gaar, maar nie pap nie. Neem 'n groot braaipan en braai intussen die ui en knoffel in die botter tot sag en deurskynend. Dreineer die boontjies, en voeg dit by die uie in die braaipan. Meng versigtig maar deeglik (jy wil nie boontjiemoes hê nie). Geur met sout en peper. Skep in 'n opdienbak en sprinkel die kaas bo-oor net voor opdiening.
Bedien warm.

Wenk:
As jy in elk geval jou oond aanhet kan jy sommer die bak in die oond ook sit sodat die kaas lekker oor die boontjies smelt.

Romerige Groenboontjies

125 ml spek
1 ui, gekap
1 tamatie, geskil en gekap
410g-blik groenboontjies, gedreineer
sout en peper na smaak
125 ml voorbereide witsous
60 ml gerasperde cheddar

Braai die spek en ui saam tot gaar. Voeg die tamatie by en braai tot die tamatie sag is. Voeg nou die boontjies by en roer versigtig. Geur na smaak met sout en peper. Verhit die boontjies oor matige hitte tot deurwarm. Maak intussen jou witsous en roer die kaas daarby. Roer die sous by die boontjies in. Bedien warm.

Wenk:
Maak die witsous sonder die kaas. Meng die boontjies daarby in, skep in 'n oondvaste bak en sprinkel die kaas bo-oor. Bak teen 180 grade tot deurwarm en die kaas gesmelt het.
As jy haastig is, kan jy sommer 'n pakkie kits witsous ook gebruik. Wees net gewaarsku as daar van die boontjies oorbly - kits witsous word gou waterig, en dus gaan môre se oorskiet taamlik onaptydwekkend lyk!

Eet Meer Groente - Patat

OK, so ons almal eet te min groente. En tog is groente gesond en kan mens so baie daarmee doen. Niemand is lus vir gestoomde groente elke dag nie (veral nie dié van ons wat probeer diet nie) - toe dink ek dis 'n goeie idee om vir julle 'n paar idees te gee van wat mens alles met groente kan doen. En was daar baie resepte in my argiewe! Ons begin ook sommer elke groentesoort met info wat ek van die internet af gekry het. Mens wil darem weet hoekom dit gesond is om groente te eet!

Health Benefits of Sweet Potato

Sweet potato is amongst the oldest vegetables today, believed to be in consumption since centuries. In fact, the sweet potato relics found in Peruvian caves date back to 10,000 years ago and serve as the best proof of their consumption even in the prehistoric times. Though sweet potatoes are native to Central America, they are cultivated in almost every country of the world today. At present, there are as many as 400 varieties of the vegetable, with the flesh ranging from white and yellow to orange in color and the thin skin being white, yellow, orange, red or purple. If you want to explore some information on the health and nutrition benefits of eating sweet potatoes, read on further.

Nutritional Value of Sweet Potato
Given below is the amount of nutrients in 100 gm of sweet potatoes:
Carbohydrates - 20.1 gm
Sugars - 4.2 gm
Dietary fiber - 3.0 gm
Fat - 0.1 gm
Protein - 1.6 gm
Vitamin A - 709 μg
β-carotene - 8509 μg
Thiamin (Vitamin B1) - 0.1 mg
Riboflavin (Vitamin B2) - 0.1 mg
Niacin (Vitamin B3) - 0.61 mg
Pantothenic acid (Vitamin B5) - 0.8 mg
Vitamin B6 - 0.2 mg
Folate (Vitamin B9) - 11 μg
Vitamin C - 2.4 mg
Calcium - 30.0 mg
Iron - 0.6 mg
Magnesium - 25.0 mg
Phosphorus - 47.0 mg
Potassium - 337 mg
Zinc - 0.3 mg
Calories - 90 kcal (360 kJ)

Health & Nutrition Benefits of Eating Sweet Potatoes
Being rich in dietary fiber, sweet potato lowers the risk of constipation, diverticulosis and colon and rectal cancer.
Sweet potatoes have been found to helpful in minimizing the risk of heart disease, diabetes and obesity.
Sweet potato is a good snack for those trying to lose weight. It induces a feeling of fullness soon and thus, helps control food intake.
Consumption of sweet potatoes has been known to help avoid stroke, by bringing down the harmful effects of low-density cholesterol & preventing blood clots.
The presence of beta-carotene in sweet potato helps the body fight against free radicals and thus, prevents cancer.
Since sweet potatoes have a low glycemic index, they can be consumed by those suffering from diabetes, without any apprehensions.
The high amount of potassium in sweet potato helps the body in maintaining fluid and electrolyte balance as well as cell integrity.
Sweet potatoes have been found to be beneficial for blood purification as well as lowering of blood pressure.
Owing to the presence of iron and calcium, sweet potatoes ensure proper blood flow and also improve bone density.
Regular consumption of sweet potato is good for stomach ulcers and inflamed conditions of the colon.
Being rich in vitamins and minerals, sweet potato is good for people involved in heavy muscular work.


Patat vries wonderlik. Jy kan enige een van die volgende resepte vries. Maak dit wanneer patat goedkoop is en vries dit vir latere gebruik.

Yvonne se Soetpatats

Hierdie is die lekkerste van lekker patat. Dis ook Wimpie se gunsteling. Inteendeel, ek is al gesê ek kan maar enige ander patatresep weggooi - hy wil net hierdie ene eet.

2 kg patat
375 ml geel suiker
375 ml water
2 hoogvol eetlepels Maizena (mielieblom)
5 ml karamelgeursel

Was die patat en kook dit in 'n groot kastrol tot gaar. Skil dit af en sny in skywe. Pak die patatskywe in 'n reghoekige glasbak. Meng die suiker, water, mielieblom en geursel goed saam.
(Stip die patats met blokkies margarien, indien verkies.) Verhit die suikermengsel effens, tot die suiker gesmelt het. Gooi dit oor die patat en bak teen 180 grade vir 30-40 minute, of tot die suiker stol en karameliseer.

Graanvlokkie Patat

Patat met 'n sopie brandewyn - o gatta patatta! (Vir dié van julle wat nie weet nie, die alkohol in die brandewyn kook weg en net die lekker geur van die brandewyn bly oor.)

4 patats
190 ml geelsuiker
25 ml brandewyn
60 ml botter
2,5 ml fyn kaneel
125 ml graanvlokkies (Corn Flakes)

Kook die patats tot gaar en sny dit in skywe. Pak die patat in lae in 'n oondvaste bak. Meng die suiker, brandewyn, botter en kaneel saam. Verhit dit stadig tot die suiker gesmelt is. Gooi die sous oor die patat. Druk die graanvlokkies bietjie fyner en strooi dit bo-oor die patats. Bak in 'n voorverhitte oond teen 180 grade tot die gereg deurwarm is, en die graanvlokkies mooi bruin is.
Bedien warm.

Retha se Lemoenpatats

Geen resepversameling is volledig sonder 'n resep vir lemoenpatats nie. Hierdie is my ma se resep, en het 'n lekker "twist" in die vorm van die rosyntjies. As jy nie van rosyntjies hou nie (soos ek!) , los dit eenvoudig uit.

2 kg patat
50 ml mielieblom
500 ml lemoensap
125 ml bruin suiker
2 ml sout
2 ml gerasperde lemoenskil
125 ml pitlose rosyne

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Kook die patat met die skil tot sag. Skil af en sny in skywe. Pak in ‘n groot oondvaste bak. Meng die mielieblom met bietjie lemoensap tot gladde pasta. Voeg die res van die lemoensap by, asook die suiker, sout, lemoenskil en rosyntjies. Verhit die sous tot dik en gooi die oor die patat. Bak vir 30 minute tot die patat deurwarm is.

Njammie-Patats

Ek moet bieg - ek het nog nie die resep gemaak nie. Maar dit klink absoluut divine. Ek was van plan om dit een Sondag te maak, maar ek kon nie mini-malvalekkers in Bredasdorp kry nie. (Ek weet Mr Sweet maak sulke wittetjies.) Maar sodra ek weer Kaap toe gaan, gaan ek 'n groot voorraad mini-malvalekkers koop om dié ene te maak. Miskien eet Erik dit ook as daar "pienk" op is. (Dis Erik se woord vir malvalekkers al van kleins af.)

1.5 kg patat
300 ml margarien
300 ml bruin suiker
750 ml mini-malvalekkers
2.5 ml fyn kaneel
1 ml fyn neut

Kook die patat tot gaar en skil af. Sny die patat in groterige blokkies, en druk van die blokkies effens fyner met 'n vurk. Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer 'n oondvaste bak.
Meng die margarien, bruin suiker, 500 ml van die malvalekkers, kaneel en neut saam in 'n kastrol. Kook oor medium hitte, en roer gedurig tot die malvalekkers gesmelt is. Meng die patat goed by die mengsel in. Skep dit in die voorbereide bak uit en bak in die oond vir 15 minute. Verwyder uit die oond en gooi die res van die malvalekkers bo-oor. Plaas terug in die oond en bak tot die malvalekkers gesmelt en goudbruin is.

Patatkoekies

As mens dit met pampoen kan doen, kan mens dit seker met patat ook doen?

500 ml fyn, gaar patat
125 ml koekmeelblom
2 eiers
olie vir vlakbraai

Meng die patat en meel goed. Klits die eiers saam en voeg dit by die patat. Meng tot 'n sagte deeg. (Indien dit te styf is, kan 'n bietjie melk bygegooi word.) Verhit die olie in 'n kleefvrye pan en braai lepelsvol van die deeg daarin tot gaar en goudbruin.
Bedien warm met kaneelsuiker, heuning en suurlemoen.

Nutty Crust Patat

OK, bogenoemde resepte was almal redelik gesond. Wel, soortvan. Maar mens moet darem 'n dekadente resep ook hê wat jou are laat toeslaan deur net daaraan te dink. As dit die tipe resep is wat jy soek, moenie verder soek nie. Hierdie resep gaan verseker jou soettand ruk en jou cholesterol op 'n onnatuurlike "high" sit. En al sal jou skuldgevoel jou nie toelaat om hierdie gereg meer as een maal elke tien jaar te eet nie, is dit regtig heerlik.

4 kg patat
3 pakke Nutticrust-beskuitjies
250 ml vars room
500 g goue stroop

Kook die patat in soutwater tot sag. Skil af en maak fyn. Smeer 'n oondvaste bak. Neem een van die pakke Nutticrust en pak dit in 'n enkellaag onderin die bak. Skep die helfte van die patat oor. Maak die stroop bietjie warm en gooi die helte oor. Gooi ook die helte van die room bo-oor. Krummel die tweede pak beskuitjies en gooi dit oor die patat. Skep die tweede helfte van die patat bo-oor en maak gelyk. Gooi die res van die stroop en room oor. Krummel die laaste pak beskuitjies en strooi dit bo-oor die patat. Bak vir 20-30 minute by 180 grade tot die gereg deurgaar is.

Wednesday, April 1, 2009

Dekadente Sponskoek

Ons het almal daardie resepte wat mense assosieer met jou. Hierdie is een van myne. As ek mense oorkry en hulle sien die koek op die tafel, dan is die kommentaar gewoonlik iets soos: "Leanda, is dit daardie dekadente sponskoek van jou?" Ek hoop dit word só 'n gunsteling onder jou gaste soos dit onder myne is.

Dekadente Sponskoek

4 ekstra groot eiers
375 ml strooisuiker
5 ml vanillageursel
500 ml koekmeelblom
2,5 ml sout
15 ml bakpoeier
125 ml melk
125 ml water
30 ml olie
125 g margarien
390g-blikkie karamelkondensmelk
250 ml room

Voorverhit die oond tot 180 grade. Spuit twee 24cm-laagkoekpanne met Spray & Cook.
Klits die eiers, suiker en vanillageursel saam vir ongeveer 5 minute tot romerig. Sif die meel, sout en bakpoeier saam in vou dit by die eiermengsel in met 'n metaallepel. Smelt die melk, water, olie en margarien saam tot net voor kookpunt en roer dit deeglik in bogenoemde mengsel. Gooi die beslag in die koekpanne.
Bak die koek vir 25-30 minute of tot gaar en 'n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
Wanneer die koek uit die oond kom, maak die kante los en laat effens afkoel voordat dit uitgekeer word.
Laat die koek heeltemal koud word. Roer die karamelkondensmelk goed totdat daar nie meer klonte in is nie. Klits die room styf. Skep die helfte van die kondensmelk bo-op die een koek, en smeer egalig. Skep die helfte van die room bo-op die kondensmelk en smeer egalig. Plaas die tweede koek bo-op dit. Smeer die res van die kondensmelk bo-op die koek. Gebruik die orige room om roomrosies bo-op die koek te spuit. Frummel die Flake bo-oor die koek.
Verkoel die koek as dit nie dadelik geëet gaan word nie. Laat so 'n uur voor opdiening buite die yskas om net na kamertemperatuur terug te keer.

Het jy geweet?
Hierdie koek word met 'n metaallepel gemeng om dit lig te hou.

Sjokolade Laagkoek

Laas het ek julle bietjie uitgehelp met sjokolade plaatkoeke en 'n klein sjokoladekoek, maar ek het twee wonderlike sjokolade laagkoek resepte wat ek met julle wil deel. Hierdie laagkoeke is ideaal vir as jy 'n bietjie wil uithang en voel 'n plaatkoek is dalk nie geskik nie.

Coke Sjokoladekoek

Ek het hierdie resep eendag in 'n tydskrif raakgelees en dit uitprobeer. Dit is divine! Dit lewer 'n groot, klam en donker sjokoladekoek.

250 ml Coke
125 ml kakao
4 ekstra groot eiers
375 ml suiker
125 ml olie
5 ml vanillageursel
450 ml koekmeelblom
15 ml bakpoeier
2 ml sout

Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer twee 22cm-laagkoekpanne met margarien of spuit dit met Spray & Cook.
Meng die Coke en kakao saam tot glad. Laat eenkant staan. Skei die eiers. Klits die eiergele en suiker baie goed saam tot lig en dik. Roer die kakaomengsel hierby, dan die olie en die vanillageursel. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en roer by. Klits die eierwitte tot dit stywe punte vorm en vou dit by die beslag in.
Verdeel die beslag tussen die twee koekpanne en bak in die middel van die oond vir 25-30 minute tot gaar en 'n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Laat dit effens afkoel en keer op draadrakke uit om af te koel.
Versier soos verkies.

As jy nie weet watter versiersel om te gebruik nie, die volgende een was deel van die oorspronklike resep:

200 g sjokolade, gekap
250 ml room
60 ml botter, in blokkies gesny

Verhit die sjokolade in 'n dubbelkoker (of gebruik 'n glasbak oor 'n pot met kookwater) oor baie lae hitte tot net gesmelt. Klop vir 1 minuut tot glad. Verhit intussen die room tot louwarm en wanneer dit dieselfde temperatuur as die sjokolade is, roer jy die twee saam. Klop die botter by tot alles opgelos en glad is. Bedek die versiersel en plaas in die yskas tot styf. Sny elke koeklaag horisontaal in twee en smeer 'n dun lagie sjokoladeversiersel op elk. Stapel op mekaar en smeer die res van die versiersel bo-op en langs die kante.

Wenk: Wanneer 'n resep vra dat 'n koeklaag in twee gesny moet word, werk hierdie metode die beste: Vat 'n langerige stuk gare, en sit dit om die koek in die middel, of daar waar jy die koek deurgesny wil hê. Hou die twee ente van die gare oorkruis en trek dit stadig en versigtig na mekaar toe. Die gare gaan dan die koek sonder enige probleme middeldeur sny. Easy peasy!

Maklike Sjokolade Olie-Laagkoek

Hierdie maklike resep is seker by almal bekend. Dit was my eerste sjokoladekoek wat ek met sukses gebak het, en ek bak hom tot vandag toe nog. Ek het dit in 'n ou-ou tuisnywerheid resepteboekie van my ma gekry.

5 ekstra groot eiers
310 ml suiker
200 ml water
200 ml olie
500 ml koekmeelblom
50 ml kakao
2 ml sout
5 ml koffiepoeier
20 ml bakpoeier

Voorverhit die oond tot 190 grade. Spuit twee 24cm-laagkoekpanne liggies met Spray & Cook. Skei die eiers. Klits die eiergele, suiker, water en olie saam vir 5 minute. Sif die koekmeelblom, kakao, sout en koffiepoeier oor die mengsel en klits weer vir 'n verdere 3 minute. Vou die bakpoeier hierby in. Klits die eierwitte styf en vou dit by die beslag in. Verdeel die beslag tussen die twee koekpanne en bak die koek vir 30 minute.
Wanneer die koek uit die oond kom, maak die kante los en laat dit in die panne koud word voor dit uitgekeer word. Versier soos verkies.

Wenk vir 'n Lui Huisvrou:
Meeste koeke gebruik geklitste eierwitte as bestanddeel. Indien jy nie geweet het nie, dit word gebruik as rysmiddel en om die koek lig te hou. Maar ons weet almal dat as daar met die eier se skei van die eiergeel in die eierwit beland, sal die eierwit nie styfklits nie. En ons is darem ook nie nou lus om die eierklitser te gaan was terwyl ons besig is om te konsentreer om die koek aanmekaar te slaan nie. Dus, wat ek altyd doen is, klits eers die eierwit deeglik styf en maak dan die koek vinnig aan. Jy kan dan maar bymekaarklits wat jy wil, ten minste is jou eierwitte styf.