Friday, June 5, 2009

Lekker Dinge Met Maalvleis

Maalvleis is 'n groot gunsteling in ons huis. Dis goedkoop (wel, redelik goedkoop) en veelsydig en so maklik om mee te werk. Ons het ten minste twee maal per week iets met maalvleis op die spyskaart. Hier is drie van my gunsteling maalvleis-resepte:


Yvonne se Bobotie

Ek dink seker nie dat dit nodig is vir my om vir enige Suid-Afrikaner te vertel waar bobotie oorspronklik vandaan kom nie. Bobotie is nou so eg-Suidafrikaans soos sonskyn en braaivleis. Mens kry ingewikkelde boboties en maklike boboties en eenvoudige boboties en fynproewers-boboties. Maar dan kry mens ook verspot maklik en baie lekker, soos dié een van my skoonma.

1 ui
5 ml sout
20 ml blatjang
20 ml appelkooskonfyt
1 eier
60 ml rosyntjies
lourierblare
500 g maalvleis
7,5 ml kerriepoeier
5 ml borrie
15 ml asyn
sout en peper na smaak
1 sny brood (of meer indien verkies)
100 ml melk

Voorverhit die oond tot 180oC.
Rasper die ui en braai in 'n bietjie olie. Voeg die sout, kerrie, blatjang, borrie en appelkooskonfyt by. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar. Week brood in water, druk die water uit en voeg dit by. Meng goed. Skep in oondvaste bak. Klits die eier en melk saam en gooi oor. Druk lourierblare in indien verkies. Bak vir 45 minute of tot eier gestol is.

Chilli Con Carne

Vir dié van julle wat nie weet nie, chilli con carne is 'n geurige bredie wat van gemaalde beesvleis, rissies, knoffel en uie gemaak word. Dis afgelei van die Spaanse woord wat letterlik "vleis met rissies" beteken. Die dis het oorspronklik sy oorsprong in Mexiko gehad, maar die Amerikaners het dit ook aangeneem as een van hulle tradisionele disse en daar staan dit bekend as "chilli". Inteendeel, chilli con carne is die amptelike dis van die Amerikaanse staat Texas. Meeste van ons ken chilli con carne met maalvleis en boontjies, maar regte chilli con carne-food fundies sê daar is geen boontjies of tamaties in chilli con carne nie. En dit moet sterk wees. Soos Matt Weinstock (bekende LA rubiekskrywer) een maal gesê het, was dit "reputed to open eighteen sinus cavities unknown to the medical profession!"

Persoonlik hou ek nie baie van sterk kos nie - enige iets sterker as matige kerrie laat my mond brand en bederf enige smaak wat die gereg moontlik kon gehad het. Maar ek hou baie van chilli con carne, en veral die boontjies daarin. Hierdie is een van my gunteling resepte - makliker kan dit nie:

500 g maalvleis
1 ui
1 groen soetrissie
1 rooi soetrissie
1 klein blikkie tamatiepuree
410g blik tamatie-en-uiesmoor
410g blik niertjieboontjies
410g blik gebakte boontjies in tamatiesous

Braai die ui en soetrissies in bietjie olie tot sag. Voeg die maalvleis by en kook tot gaar.
Voeg die tamatiepuree, smoor en boontjies by en laat dit vir 15 minute lank prut tot die sous dik en alles deurgaar is.
Geur met sout, peper, rooipeper, rissies en Tabasco sous na smaak.
Bedien warm op rys.

Het jy geweet?
Vegetariese chilli con carne staan bekend as chilli sin carne.

Herderspastei

Ek het nie 'n idee wie die "herder" is wat oorsponklik aan hierdie "pastei" gedink het nie, maar ek wil graag - toe gaan wiki ek dit. "Cottage pie" is 'n Engelse dis wat bestaan uit een of ander soort vleis met 'n laag kapokaartappels bo-op dit. Die gereg het sy naam iewers in 1790 al gekry, toe hulle begin het om aartappels te verbou om die armes kos te gee. Dit is ook dan waar die "cottage" vandaan kom - verwys na die huis waar arm landelike mense gewoon het. Hulle het die dis tradisioneel met oorskietvleis gemaak, met die aartappelkors bo-op. Die term "shepherd's pie" het in ongeveer 1870 in gebruik gekom, maar niemand weet hoekom die dis se naam verander het nie. Daar word beweer dat "cottage pie" verwys na die dis as dit met beesvleis gemaak word, terwyl "shepherd's pie" verwys na die dis as dit van skaapvleis gemaak is.

Maak nie saak hoe die gereg sy naam gekry het nie, dit bly een van ons gunstelinge in ons eie beskeie "cottage" op die platteland van Napier! Ek verkies dit om bietjie groente daarin te "sneak". Probeer gerus dié een:

1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, fyn
15 ml sonneblomolie
1 kg gemaalde beesvleis
500 ml fyn broodkrummels
410g blik gemengde groente
10 ml sout
peper na smaak
25 ml Worcestersous
50 ml blatjang
6 groot aartappels
5 ml sout
knippie peper
5 ml pietersielie
botter of margarien
melk

Braai die ui en knoffelhuisie in bietjie olie tot sag. Voeg die beesvleis hierby en kook tot gaar. Voeg die broodkrummels by en meng goed deur. Dreineer die groente en voeg by. Indien die mengsel te los is, kan jy bietjie van die groente se water byvoeg om dit te bind. Geur met die sout, peper, braaivleis speserye en Worcestersous.Skep die mengsel in 'n gesmeerde oondvaste bak. Skep die blatjang bo-op die mengsel en smeer dit gelyk. Maak riffels in die mengsel met 'n vurk.
Kook nou die aartappels tot sag. Maak fyn en geur met botter, sout en pietersielie. Voeg melk by om die aartappels sag en romerig te maak. Skep dit bo-op die vleismengsel en bak teen 180 grade in die oond tot dit puntjies van die aartappel bruin is.

Death by Chocolate

Almal het seker al van Death by Chocolate gehoor... Wel, hierdie tert is Death by Chocolate, Death by Cholesterol, Death by Sugar - en alles tussenin! Dit is soet en ryk en hopeloos te dekadent, maar o hel, dis lekker. Dis egter ook aan die duur kant, so beslis nie 'n koek om elke dag te eet nie...

Sjokolade-Dood Koek

Sjokoladekoek:
6 eiers, gesky
375 ml strooisuiker
375 ml koekmeelblom
180 ml kakao
2,5 ml koeksoda
2,5 ml sout
knypie fyn kaneel
15 ml bakpoeier
250 ml kookwater
7,5 ml koffiepoeier
180 ml olie
5 ml vanillageursel

Karamelsous:
397g-blik kondensmelk
200 ml karamelstroop (gebruik Robertson's s'n in die buis)
3 groot Bar Ones, in dun skyfies gesny

Roomlaag:
500 ml room
15 ml versiersuiker
5 ml vanillageursel
1 Flake

Voorverhit die oond tot 180 grade.

Tertlaag: Klits die eierwitte styf. Klits nou die eiergele daarby. Voeg die suiker by en klits weer goed. Sif die meel, kakao, koeksoda, sout, kaneel en bakpoeier saam en vou dit by die eiermengsel in. Meng die kookwater en koffiepoeier. Roer die olie en vanillageursel daarby. Roer die koffiemengsel by die beslag. Skep die beslag in twee ronde gesmeerde tertborde (24cm deursnee). 'n Oondpan werk ook goed.
Bak die tert vir 40 minute of tot gaar. (Berei intussen die sous, want dit moet oor die warm tert gegooi word.)
Steek die bokant van die tert met 'n vurk vol gaatjies sodat die sous beter kan intrek.

Karamelsous: Verhit die kondensmelk en karamelsous in 'n kastrol tot baie warm. Gooi dit oor die tert wanneer dit uit die oond kom. Pak die Bar One skyfies bo op die tert. Laat dit heeltemal afkoel.

Roomlaag: Klits die room saam met die versiersuiker en vanilla tot dik. Smeer dit oor die tert. Breek die Flake in stukkies en sprinkel dit oor die tert. Versier verder soos verkies.

Sunday, April 12, 2009

Eet Meer Groente - Broccoli

Het jy geweet?

Broccoli is a dark green vegetable, with small, tight heads (curds) that are mounted on stem-like buds. It is a member of Brassica family of the Cruciferous vegetables, which includes kale, cabbage, cauliflower and Brussels sprouts. Its scientific name is Brassica aleracea and was originated in Italy. Broccoli has become a popular vegetable all over the world and is used in a variety of dishes and cuisines. However, very few people know that it has significant health benefits, which can prevent the occurrence of many hazardous diseases. Its nutritional value can be estimated from the fact that it is the storehouse of protein, carbohydrates, calcium, iron, Vitamin A and Vitamin C. Apart from this; it contains effective phytochemicals and antioxidants, which combat various ailments. Some of the profound health benefits of Broccoli are given below.

Nutritional Value of Broccoli
Given below is the amount of nutrients in 100 gm of broccoli:
Carbohydrates - 6.64 gm
Sugars - 1.7 gm
Dietary Fiber - 2.6 gm
Fat - 0.37 gm
Protein - 2.82 gm
Water - 89.30 gm
Vitamin A equiv - 31 μg
β-carotene - 361 μg
Thiamine (Vit. B1) - 0.071 mg
Riboflavin (Vit. B2) - 0.117 mg
Niacin (Vit. B3) - 0.639 mg
Pantothenic acid (B5) - 0.573 mg
Vitamin B6 - 0.175 mg
Folate (Vit. B9) - 63 μg
Vitamin C - 89.2 mg
Calcium - 47 mg
Iron - 0.73 mg
Magnesium - 21 mg
Phosphorus - 66 mg
Potassium - 316 mg
Zinc - 0.41 mg
Energy - 30 kcal (140 kJ)

Health and Nutritional Benefits of Broccoli
Weight reduction
Controls Diabetes as it is a rich source of chromium that helps regulate insulin and blood sugar.
Anti-aging
Help prevent arthritis
Prevents Osteoporosis ,due to its high calcium content
Has anti cancer properties and suppresses lung, colon and breast caners
Helps prevent Alzheimer’s disease
Rich in cholesterol-reducing fiber and has antiviral and antiulcer activity
Cures constipation
Helps fight against Toxemia and Neuritis
Helps in controlling high blood pressure
Helps regulate the digestions of food
May prevent cancer in organs and glands with epithelial tissue, because of its high Vitamin A content
Contains a substance called Sulphorafane, which reduces the production of malignant tumors.

Broccoli Gebak

500 g broccoli
20 ml botter
20 ml koekmeelblom
knippie mosterd
sout en peper na smaak
300 ml melk
3 eiers, geskei
75 g gerasperde Cheddarkaas

Kook die broccoli tot gaar, maar nog effens bros en dreineer. Smelt die botter en voeg die meel by. Voeg die mosterd, sout en peper by. Kook oor lae hitte en roer die melk geleidelik by. Laat kook terwyl gedurig geroer word. Verwyder van die hitte en voeg die broccoli by. Voeg die eiergele by die broccoli-mengsel. Klits die eierwitte styf tot hulle sagte punte vorm en vou dit by die mengsel in. Gooi die mengsel in 'n gesmeerde oondvaste bak. Sprinkel die kaas bo-oor. Bak teen 180 grade vir 45 minute.

Gebakte Broccoli

500 g gaar broccoli
250 g gerasperde kaas
200 ml melk
3 eiers
sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer 'n vlak tertbord of spuit met kleefwerende sproei. Pak die gaar broccoli in die bord en sprinkel die kaas bo-oor. Klits die melk en eiers saam en geur na smaak met sout en peper. Gooi die mengsel bo-oor die broccoli. Plaas die bord in 'n groter bak met kookwater in. Bak die gereg onbedek vir 45 minute of tot die eiermengsel gestol is. Bedien warm.

Het jy geweet?
Die tegniek om 'n gereg binne-in 'n ander bak met kookwater te bak, word bain marie genoem. Dit is 'n sagter manier van gaarmaak - die water dien as isolasie sodat die gereg nie vinnig uitdroog of brand nie. Dit word veral gebruik by geregte waar eiers 'n hoofbestanddeel is. Die metode is eintlik eenvoudig - sit jou bak met die gereg in binne-in 'n groter bak. Maak die groter bak so halfvol kookwater en sit dit so in die oond.

Broccoli Kasserol

500 g gaar broccoli, in stukkies gesny
3 eiers
400g-blik sampioen roomsop
250 ml mayonnaise
125 ml gerasperde Cheddarkaas
1 ui, gekap
sout en swartpeper na smaak
6 soutbeskuitjies (bv Salticrax of Bacon Kips)

Meng die broccoli, eiers, sop, mayonnaise en ui saam. Geur met sout en peper. Gooi die mengsel in 'n gesmeerde oondvaste bak en sprinkel die kaas bo-oor. Maak die soutbeskuitjies fyn en sprinkel dit bo-oor. Bak teen 180 grade vir ongeveer 30 minute, tot die sous borrel en die kaas gesmelt en goudbruin is.

Heerlike Broccoli-Gereg

1 kg broccoli
250 g spekstukkies (bits of bacon)
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
250 ml vars room
400 g Emmentallerkaas, gerasper

Breek die broccoli in stukke en was deeglik af. Stoom tot half gaar. Braai intussen die spek tot bros. Plaas die broccoli in 'n gesmeerde, oondvaste bak, strooi die spek bo-oor en geur na smaak met sout en peper. Giet die room oor en meng tot goed gemeng. Sprinkel die kaas bo-oor en bak in 'n voorverhitte oond teen 180 grade vir ongeveer 20 minute of tot die kaas gesmelt en goudbruin is. Bedien warm.

Geroomde Broccoli

1 kop broccoli
250 ml room
2 knoffelhuisies, gekneus
1 ml fyn neutmuskaat
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
45 ml gerasperde Parmessaankaas
2,5 ml suurlemoensap

Maak die broccoli skoon en kap die stingels en blommetjies effens kleiner. Kook dit in kokende soutwater tot net sag, so ongeveer 4 - 6 minute. Dreineer goed en hou eenkant. Giet die room, knoffel, neutmuskaat en sout en peper in 'n kastrolletjie en bring tot kookpunt. Prut liggies vir ongeveer 5 minute tot die mengsel verdik en verminder het. Voeg die broccoli by en verhit. Maak dit fyner met 'n aartappel "masher". Verwyder van hitte en roer die Parmessaan en suurlemoensap by. Bedien warm.

Broccoli Slaai

Hierdie is seker een van die bekendste slaaie in Suid-Afrikaanse kombuise en daar bestaan heelwat variasies van die slaai. Hierdie een is die een wat ek altyd maak - die slaaisous is net onweerstaanbaar lekker vir my!

2 broccoli koppe
1 ui, fyn gekap
250 g spek stukkies (bits of bacon)
150 g Cheddar, in klein blokkies gesny
Sous:
250 ml mayonnaise
100 ml kondensmelk

Breek die broccoli in stukkies en spoel dit af. Sny in kleiner stukkies. Kook die broccoli en ui in vinnig-kokende water vir 2 minute. Dreineer in 'n vergiettes sodat al die water afloop. Braai die spek tot gaar en bros. Laat alles goed afkoel. Meng die broccoli met die spek, en meng dan die kaasblokkies daarby in. Meng die mayonnaise en kondensmelk saam en roer dit deur die slaai. Verkoel voor opdiening.

Broccoli-Kapokaartappels

Hierdie reseppie is die ideale oplossing as jy nog 'n kop broccoli in die yskas het, maar jy opsien teen gestoomde broccoli met witsous. Dis heerlik - en ek wed jou selfs die kinders gaan dit eet!

750 g aartappels
1 kop broccoli
250 ml melk
30 g margarien
250 ml gerasperde Cheddarkaas
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Skil die aartappels en sny in die helfte deur. Kook in vinnig-kokende water vir 10 minute. Spoel intussen die broccoli af en sny in kleiner stukkies. Gooi die broccoli by die aartappels en kook vir 'n verdere 5 minute. Dreineer en gooi die aartappel en broccoli terug in die kastrol. Maak die groente fyn met 'n aartappel "masher". Gooi die melk en margarien by, en meng goed deur. Roer die kaas in en geur na smaak en sout en peper. Bedien warm.

Broccoli-en-Spek Muffins

Hierdie is 'n treffer - hetsy as bykos saam met 'n braai of sommer net vir tee tyd.

375 ml gaar broccoli, in klein stukkies gesny
200 g spek stukkies (bits of bacon)
1 ui, fyn gekap
50 g gerasperde Cheddar
10 ml vars pietersielie, gekap
5 eiers
125 ml olie
140 g koekmeelblom
12,5 ml bakpoeier
5 ml mosterdpoeier
5 ml sout

Voorverhit die oond tot 200 grade. Braai die spek en die ui tot die spek gaar en die ui goudbruin en sag is. Meng die broccoli, spek, ui, kaas en pietersielie saam. Klits die eiers en olie saam. Sif die meel, bakpoeier, mosterd en sout saam. Voeg alles bymekaar in 'n groot mengbak en meng liggies tot net gemeng. Skep die mengsel in gesmeerde muffinpannetjies. Bak vir 25-30 minute tot gaar. Laat effens afkoel en keer uit. Bedien louwarm met botter.

Variasie: Vir 'n spesiale geleentheid kan jy teen die einde van die baktyd 'n bietjie gerasperde kaas bo-op elke muffin sprinkel, asook 'n bietjie paprika. Plaas die muffins terug in die oond sodat dit kaas kan smelt.

Eet Meer Groente - Blomkool

Blomkool is seker een van die groete wat die minste waardeer word. En tog is dit heerlik as dit reg gaargemaak word, en ook baie gesond.

Het jy geweet?

Cauliflower is a vegetable belonging to the Brassica oleracea species, which also includes cabbage, Brussels sprouts, kale, broccoli and collard greens. The vegetable originated in the Northeast Mediterranean and is presently cultivated in most of the countries of the world. It has a white head and stalk and is surrounded by thick, green leaves. However, the stalk and the leaves are discarded and only the head (white curd) is eaten. Cauliflower can be had in the raw, cooked or pickled form, though it the raw form that holds the highest nutritional value. Given below is complete information on the health and nutrition benefits of eating cauliflower.

Nutritional Value of Cauliflower
Given below is the amount of nutrients in 100 gm of raw cauliflower
Carbohydrates - 5 g
Sugars - 2.4 g
Dietary fiber - 2.5 g
Protein - 2 g
Thiamin (Vitamin B1) - 0.057 mg
Riboflavin (Vitamin B2) - 0.063 mg
Niacin (Vitamin B3) - 0.53 mg
Pantothenic acid (B5) - 0.65 mg
Vitamin B6 - 0.22 mg
Folate (Vitamin B9) - 57 μg
Vitamin C - 46 mg
Calcium - 22 mg
Iron - 0.44 mg
Magnesium - 15 mg
Phosphorus - 44 mg
Potassium - 300 mg
Zinc - 0.28 mg
Energy - 20 kcal (100 kJ)

Health & Nutrition Benefits of Eating Cauliflower
The allicin in cauliflower is known to promote a healthy heart and reduce the risk of strokes
Cauliflower contains selenium and vitamin C, both of which work together to strengthen the immune system.
Cauliflower has been associated with the maintenance of a healthy cholesterol level.
Being rich in folate, cauliflower is known to help improve cell growth and replication.
The high amount of fiber in cauliflower improves colon health and can even help prevent cancer.
Recently, it was found that cauliflower contains ‘indole-3-carbinol’, a substance that can prevent breast and other female cancers.
The glucosinolates and thiocyanates, present in cauliflower, increase the ability of liver to neutralize potentially toxic substances.
Cauliflower acts as a blood and liver detoxifier.
Sulforaphane, a substance in cauliflower, can remove cancer causing chemicals and also stop the spread of cancer cells, even in the later stages of their growth.
Researches have suggested that cauliflower contains certain phyto-chemicals that might help reduce the risk of some hereditary cancers.
The people suffering from the following ailments can benefit from the consumption of cauliflower:
Arthritis
Asthma
Constipation
High Blood Pressure
Kidney and Bladder Disorders

Ek het al baie maniere probeer om blomkool gaar te maak, en die een wat die beste werk, is om dit te stoom. Een manier is om dit in 'n vergiettes bo-oor kookwater in 'n kastrol te stoom. Maar die maklikste manier is in 'n "Food Steamer". Ek het al lank terug belê in een van daardie oulike masjientjies. Dit werk soos 'n droom vir elke tipe groente wat daar is.

Nou ons weet almal een van die negatiewe dinge van blomkool is die feit dat die stingels gewoonlik kliphard is, en die blommetjies al sag. En as ons die spulletjie kook/stoom tot die stingels sag is, is die blommetjies onaangenaam pap. My skoonma het vir my die oplossing gegee en ek moet sê, dit werk. Dit is bietjie meer moeite, maar dit maak dit die moeite werd. So maak mens: Wanneer jy die blomkool afwas en skoonmaak, sny net die boonste lagie van die stingeltjie af. Jy sal sien daar is sulke stukkies wat lyk soos blare langs die stingel net onder die blommetjie? Trek dit af en skil dié wat jy nie aftrek nie, ook af. Die blommetjies en stingels word gevolglik gelyk gaar. Daar het jy dit. Perfekte blomkool elke keer!

Maar wat maak mens nou daarmee? Probeer gerus die volgende:

Blomkool met Spekvleis-witsous

1 groot blomkool, in blommetjies gebreek
4 repe spekvleis
30 ml botter
60 ml koekmeelblom
375 ml melk
sout en peper na smaak
25 ml pietersielie, fyn gekap

Kook die blomkool in ‘n bietjie soutwater tot net sag. Dreineer en skep uit in ‘n opdienbak. Hou warm.Braai spekvleis in pan tot bruin en bros. Skep uit en kap fyn. Voeg die botter by die panvet en smelt. Voeg die koekmeelblom by en roer goed tot glad. Verhit weer sowat 1 minuut lank terwyl gedurig geroer word. Verwyder van die hitte en voeg die melk stadig by terwyl aanhoudend geroer word. Plaas terug op die hitte en verhit totdat die sous kook en verdik. Roer gedurig. Voeg die spekvleis by en geur na smaak met sout en peper.Giet die sous oor die blomkool en sprinkel die pietersielie net voor opdiening by.

Gebraaide Blomkool

Jy mag dié ene dalk al in die Spur geproe het...

1 blomkool, skoongemaak en in stukkies gesny.
1 eier, geklits
250 ml koekmeelblom
sout en peper na smaak
olie vir diepbraai

Week die blomkool in kookwater vir 15 minute. Dreineer die kool en sprinkel bietjie sout oor. Doop die blomkool in die geklitste eier. Geur die meel met sout en peper en gooi in 'n plastieksakkie. Plaas die blomkool in die sakkie en skud dit goed tot die met meel bedek is. Verhit die olie tot warm, en braai die stukkies blomkool in die warm olie tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier en sit warm voor.

Blomkool met Mayonnaise

Die kombinasie van mayonnaise en mosterd komplimenteer blomkool perfek. Ek was nogal self verbaas oor dié een.

1 blomkool, skoongemaak en in stukke gebreek
250 ml mayonnaise
15 ml voorbereide mosterd
5 ml mosterdpoeier
150 g Cheddarkaas, gerasper

Maak die blomkool gaar en plaas in 'n gesmeerde, oondvaste bak. Meng die mayonnaise, mosterd en mosterdpoeier saam en gooi dit oor die blomkool. Sprinkel die kaas bo-oor en bak in 'n voorverhitte oond teen 180 grade tot die kaas gesmelt en goudbruin is. Bedien warm.

Warm Blomkoolslaai

1 blomkool, in blommetjies gebreek
4 snye ham
2 hardgekookte eiers, geskei
4 snye brood
olie vir braai

Kook die blomkool vir 90 sekondes in kokende soutwater. Sny die ham en die eierwitte in klein blokkies. Sny die brood in blokkies en braai goudbruin in die olie. Rangskik die ham, blomkool, eierwitte en broodblokkies in ‘n slaaibak. Rasper die eiergele bo-oor.Bedien die slaai warm met vleis.

Blomkoolring

Hierdie resep verg dalk 'n bietjie meer moeite, maar dis die moeite werd vir 'n spesiale geleentheid. Baie lekker saam met braaivleis.

1 gaar blomkool, versap
15 g botter
sout, peper en fyn neut na smaak
30 g botter
45 ml koekmeelblom
500 ml melk
6 eiers
125 ml Parmessaankaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 160 grade. Plaas die versapte blomkool in ‘n kastrol. Voeg die 15 g botter by en geur met die smaakmiddels. Maak ‘n witsous: Smelt die 30 g botter en roer die meel daarby. Kook vir 1 minuut. Voeg die melk geleidelik by totdat die sous glad en dik is. Geur goed na smaak. Klits die eiers goed en meng met blomkool in kastrol. Roer die sous by. Rasper die kaas fyn en voeg dit by die mengsel. Meng goed. Skep in ‘n gesmeerde ringpan en bak vir 30 minute. Keer uit en bedien warm.

Gebakte Blomkoolgereg

1 groot blomkool
6 stukke rugspek
230 g rooi soetrissie, in repies gesny
200 ml crème fraîche
175 g Cheddarkaas, gerasper

Breek die blomkool in groot stukke en kook tot net sag, maar nog bros. Dreineer en plaas in ‘n gesmeerde oondbak. Braai die spek tot gaar en bros en sny in groterige stukke. Hou eenkant. Braai die soetrissie in die spekvet tot gaar. Meng die helfte van die spek met die soetrissies en meng dit liggies met die blomkool. Meng die crème fraiche met 2/3 van die kaas. Smeer die kaasmengsel oor die blomkool en sprinkel die orige kaas en spek oor. Rooster onder die roosterelement van die oond tot die bokant goud verkleur het en die sous begin borrel (ongeveer 5 minute). Bedien met knoffelbrood en groen slaai.

Blomkoolslaai

1 kop blomkool, skoongemaak en in blommetjies gebreek
150 g soetsuur agurkies, gesny
100 g kaas, in blokkies gesny
1 ui, fyngekap

Sous:
150 ml klaarbereide slaaisous (heuning en mosterd is nogal lekker, of songedroogde tamatie)
25 ml tamatiepuree
5 ml Worcestersous
50 ml sonneblomsaad

Stoom die blomkool in bietjie water tot gaar, maar nie sag. Dreineer. Meng die slaai bestanddele liggies saam. Meng nou die sousbestanddele en gooi oor die slaai. Sprinkel die sonneblomsaad oor. Verkoel voor opdiening.

Blomkool-en-Tamatiegereg

500 g gevriesde blomkool
125 ml tamatie-en-uiesmoor
2 knoffelhuisies, gekneus
125 g spek, gebraai
2 groot eiers, gekook en gekap
1 pakkie kits witsouspoeier, aangemaak met
200 ml water
50 g kaas en uieskyfies
125 ml Cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 grade. Kook die blomkool tot net sag. Dreineer goed. Roer die tamatie en uiesmoor by die blomkool in. Roer die knoffel en spek by en gooi uit in 'n gesmeerde oondvaste bak. Sprinkel die gekapte eier bo-op en gooi die witsous bo-oor. Maak die skyfies effens fyner en meng dit met die kaas. Sprinkel bo-oor die gereg en bak in die oond vir 12-15 minute tot bros en deurgaar. Bedien warm.

Kerrieblomkool

Baie lekker saam met braaivleis. Maar jy kan dit ook as vegetariese hoofete voorsit. Bedien dit dan op rys. Die ideale ligte wintersgereg.

15 ml olie
1 medium ui, gekap
5 ml komynsaad
5 ml mosterdsaad
2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 medium blomkool, in blommetjies gebreek
5 ml rissiepoeier
2 ml borrie
5 ml fyn koljander
5 ml fyn komyn
10 ml masala poeier
sap van 1 suurlemoen

Verhit die olie in’n groot pan of wok. Braai die uie en sade oor medium hitte tot ligbruin en die saadjies begin kraak. Voeg die aartappel by en braai vir 2 tot 3 minute. Voeg die blomkool by en braai vir 5 tot 6 minute. Roer die oorblywende bestanddele in. Bedek en kook liggies vir 10 tot 15 minute, tot die groente gekook is. Voeg bietjie water by as mengsel vasbrand. Moenie roer nie, anders gaan die groente opbreek. Bedien warm.

Eet Meer Groente - Groenboontjies

Ah, groenboontjies! Ek is gek oor 'n groenboontjie. My Lief hou natuurlik glad nie daarvan nie, en Erik staan sterk agter sy pa op dié een. Maar net so lief soos wat ek vir 'n groenboontjie is, net so 'n schlep is dit om skoon te maak en te kerf. So as jou begroting dit toelaat, koop gevriesde of geblikte boontjies. Hier by ons is dit in elk geval goedkoper om gevriesde boontjies te koop as die vars weergawe!

Benefits of Green Beans

Green beans, also known as string beans, are cultivated in almost all the countries of the world. They are grown from summer through early fall, but thanks to modern-day freezing and canning processes, are available round the year. They are deep emerald green in color and taper down to a slight point on either side, as they come towards the end. Within the thin pods of the beans, one can find a number of tiny pods. Though green beans vary in size, their average length is around 4 inches. In the following lines, we have provided information on the health and nutrition benefits of eating green beans.

Nutritional Value of Green Beans
Given below is the amount of nutrients in 1 cup (125 gm) of green beans:
Calcium - 57.50 mg
Copper - 0.13 mg
Dietary Fiber - 4.00 gm
Folate - 41.63 mcg
Iron - 1.60 mg
Magnesium - 31.25 mg
Manganese - 0.37 mg
Omega 3 Fatty Acids - 0.11 gm
Phosphorus - 48.75 mg
Potassium - 373.75 mg
Protein - 2.36 gm
Tryptophan - 0.03 gm
Vitamin A - 832.50 IU
Vitamin B1 (Thiamin) - 0.09 mg
Vitamin B2 (Riboflavin) - 0.12 mg
Vitamin B3 (Niacin) - 0.77 mg
Vitamin C - 12.13 mg
Vitamin K - 20.00 mcg
Calories - 43.75

Health & Nutrition Benefits of Eating Green Beans
The presence of vitamin K in green beans makes them very good for maintaining the health of bones.
Consumption of green beans helps the body in reducing the amount of free radicals and thus, prevents cholesterol from becoming oxidized and cause blocked arteries.
Being rich in potassium, folate, magnesium and riboflavin, green beans are good for the cardiovascular health of an individual.
The high amount of fiber present in green beans helps in lowering high blood pressure.
The vitamin C and beta-carotene in green beans lead to much lower risk of developing colon cancer.
Having anti-inflammatory properties, green beans are beneficial for those suffering from asthma, osteoarthritis, and rheumatoid arthritis.
Studies have revealed that green beans help reduce the frequency of migraine attacks in people.
Being rich in iron, green beans serve as a very good source of energy and are beneficial for menstruating as well as pregnant women.
Regular consumption of green beans has been associated with strengthening of the immune system.


Outydse Groenboontjies

Die bekendste van alle groenboontjie-disse. Outydse groenboontjies soos ons oumas dit gemaak het!

300 g groenboontjies
1 ui, gekap
2 aartappels, in blokkies gesny
1 skaapskenkel (dis nie nodig nie, maar dit maak die boontjies heerlik)
250 ml kookwater
sout en peper na smaak
10 ml botter of margarien
knippie neut

Was die boontjies af en kerf dit. (Om tyd te spaar, kan jy ook 300 g gevriesde groenboontjies gebruik, maar verminder die water dan na 200 ml toe.) Plaas die boontjies, ui, aartappels, skaapskenkel en kookwater in 'n kastrol en verhit dit saam tot kookpunt. Laat dit vir ongeveer 'n uur lank stadig prut. Gooi nog water by indien nodig. Geur met sout en peper en laat al die water wegkook. Verwyder nou die skaapskenkel. Roer die botter by die boontjies in en geur met neut, indien verkies. Roer die boontjies goed deur, en druk bietjie van die aartappel fyn. Bedien warm.

Wenk:
As jou mense nie van neut hou nie, laat dit uit.
Ek het al spekstukkies (Bits of Bacon) ook hierby ingegooi as ek nie 'n skaapskenkel gehad het nie. Dis net so lekker.

Gebakte Groenbonegereg 1

500g groenboontjie stukkies (nie french cut nie)
250g spekstukkies (Bits of Bacon)
1 groot ui, grof gekap
500 g groenboontjies, gesnipper
125 g spek
1 groot ui
1 ryp tamatie
15 ml mielieblom
125 ml water
5 ml sout
knippie peper

Kors:
4 medium aartappels
125 ml warm melk
5 ml gedroogde pietersielie
2 ml bakpoeier
2 ml sout
knippie sou
75 g gerasperde Cheddarkaas

Kook die boontjies in bietjie soutwater tot net gaar. Dreineer dit goed. Sny die spek kleiner. Sny Skil die ui en tamatie en kap dit grof. Braai die spek liggies, en voeg dan die ui en tamatie by. Braai saam tot die ui deurskynend is. Los die mielieblom in die water op en voeg die sout en peper by. Voeg die mielieblom-mengsel by die spek en roer dit totdat dit verdik. Voeg die groenboontjies by en meng liggies. Skep die boontjies in 'n gesmeerde oondvaste bak.

Kors:
Skil die aartappels en sny in blokkies. Kook dit tot sat. Dreineer. Maak kapokaartappels met die melk, pietersielie, bakpoeier, sout en peper. Meng alles goed saam. Roer 2/3 van die kaas by. Skep die kapokaartappels oor die boontjiemengsel en maak gelyk. Strooi die res van die kaas bo-oor. Bak die gereg tot die gereg deurwarm en die aartappels goudbruin is.
Bedien warm.

Gebakte Groenbonegereg 2

2 x 410g-blikke groenboontjies (verkieslik Franse snit)
50 ml olie
2 ml sout en knippie peper
125 ml suurroom
broodkrummels
125 ml gerasperde kaas

Verhit die oond tot 180 grade. Smeer 'n vlak tertbak of spuit met Spray & Cook. Dreineer die boontjies deeglik. (Sit 'n sif bo-op 'n plastiekbak en gooi die boontjies in die sif. Laat 'n tydjie staan.) Meng die boontjies liggies met die olie, sout en peper. Skep die boontjies in die gesmeerde oondvaste bak. Gooi die suurroom bo-oor. Meng die broodkrummels met die kaas en gooi bo-oor. Bak dit vir 30 minute tot deurwarm en die kaas gesmelt en goudbruin is. Bedien warm.

Ingemaakte Kerrieboontjies

Net so 'n Suid-Afrikaanse gunsteling! Inmaak mag dalk na baie werk klink, maar jy sal later baie bly wees dat jy 'n flesse hiervan het. Dit is heerlik saam met braaivleis. Daar is vreeslik baie resepte vir ingemaakte kerrieboontjies, maar ek het besluit op dié reseppie. Ek het dit in my ouma se resepteboek gekry. Dis die resep van Tannie Lubbe, wat jare lank my ouma se buurvrou was. Tannie Lubbe was 'n ronde tannie en het heerlik geskel, maar sy kon kook! (Vir die interessantheidshalwe sit ek die ou mates by. Ja, ek weet 4 pond is nie heeltemal 2 kg nie, en 2 pond is nie heeltemal 1 kg nie, maar een boontjie of ui meer sal nie die boontjies laat flop nie!)

2 kg gesnipperde groen boontjies (4 lb)
1 kg uie (2 lb)
1,25 liter asyn (5 k)
10 ml borrie (2 t)
15 ml sout (1 e)
500 ml suiker (2 k)
45 ml kerriepoeier (3 e)
15-20 ml mielieblom (3-4 t)

Kook die boontjies en uie sag, maar nie pap nie. Meng die asyn, borrie, sout, suiker en kerrie saam. Plaas dit in 'n groot kastrol en bring tot kookpunt. Voeg die boontjies en uie hierby en kook deeglik deur. Maak die mielieblom met bietjie water aan en voeg by. Roer terwyl dit verdik. Skep in warm, gesteriliseerde flesse.

Wenke by die Inmaak van Groente:
Daar is baie wenke oor die inmaak van groente, en baie kundiges het al boeke daaroor geskryf. Dus gaan ek nie hier kommentaar daaroor lewer nie. Ek gaan wel drie dinge met julle deel wat vir my werk.
1) Wat die sterilisasie van die flesse betref, vind ek die mikrogolf werk die beste. Gaan na jou naaste babawinkel en gaan koop een van daardie mikrogolf "steam sterilisers". Hulle is nie te duur nie en werk soos 'n droom. Jy plaas die flesse daarin, micro dit op hoog vir 5 minute en jou flesse is reg. (Ek het 'n elektriese een gekoop toe Luka gebore is, en dit werk nog beter. So as jy van plan is om baie in te maak en konfyt te kook, is dit 'n goeie belegging.)
2) As jy die mengsel in die flesse skep, is dit baie belangrik om 'n dik handskoen of dik gevoude vaddoek om die fles te draai. Julle sal nie glo hoeveel mense het al 'n hand verbrand as daardie warm mengsel die fles slaan nie. (Dit klink eintlik obvious, né? Maar so weet ek 'n warm oond maak seer en tog brand ek my gereeld daarin!)
3) Dis belangrik om die mengsel wat jy inmaak, warm te hou. Dit hou die mengsel vloeibaar, en die hitte help om dit steriel te hou. Die hele idee van inmaak is om die voedsel te beskerm teen allerhande kieme en dinge, sodat dit lank op die rak gebêre kan word. As daar dus kieme inkom, sit jy gou met vrot flesse. Dieselfde geld ook vir hande en gereedskap wat jy gebruik - hou dit skoon!
4) Ek draai my flesse kop onderstebo as dit vol is. Dis seker nie nodig nie, maar ek glo dit help om die flesse beter te verseël.

Knoffelboontjies

350 g groenboontjies
100 g spinasie
15 ml olyfolie
1 knoffelhuise, gekneus

Kook die boontjies in soutwater tot sag. Terwyl die boontjies kook, stoom die spinasie sommer gaar in 'n vergiettes oor die kookwater waarin die boontjies kook (sit 'n deksel op). Wanneer die groente gaar is, dreineer en skep uit die pot uit. Verhit die olyfolie in dieselfde kastrol en soteer die knoffel daarin vir 30 sekondes. Skep die boontjies en spinasie terug in die kastrol en meng goed. Geur na smaak en verhit tot die mengsel warm is.
Bedien warm.

Spek-en-Feta Groenboontjies

250 g pakkie spekstukkies (Bits of Bacon)
500 g gevriesde groenboontjies
5 ml fyn knoffel
100 g fetakaas, gekrummel
2.5 ml uiesout
knippie swart peper
30 ml water

Plaas die spek in 'n groot braaipan. Kook oor medium hitte tot die spek gaar en bros is. Skep dit uit die pan uit en hou van die vet oor vir later. Hou so 30 ml van die spek uit vir garnering.
Kook die boontjies in bietjie soutwater tot ontdooi, maar nog nie heeltemal gaar nie. Dreineer, druk droog met kombuispapier en laat eenkant. Verhit nou weer die pan met die vet in, en braai die knoffel daarin tot goudbruin. Voeg die boontjies en feta (hou bietjie uit vir garnering) hierby in, en geur met die uiesout en peper. Verhit die boontjies oor matige hitte tot deurwarm en tot die meeste van die feta gesmelt het- dit neem ongeveer 2 minute.
Skep die boontjies uit in 'n opdienbak en sprinkel die oorblywende spek en feta bo-oor vir garnering. Bedien warm.

Gebakte Knoffelboontjies

30 ml olyfolie
7,5 ml appelasyn
5 ml droë uievlokkies
1 knoffelhuisie, gekneus
1 ml sout
knippie peper
375 ml gevriesde groenboontjies, ontdooi
15 ml droë broodkrummels
15 ml gerasperde parmesaankaas
5 ml botter of margarien, gesmelt

Voorverhit die oond tot 180 grade.
Meng die olie, asyn, ui, knoffel, sout en peper saam in 'n mengbak. Gooi die boontjies by en meng goed saam sodat die boontjies met die mengsel bedek is. Skep die boontjies oor in 'n gesmeerde oondbak. Meng die broodkrummels, kaas en botter saam, en sprinkel dit bo-oor die boontjies. Bak onbedek vir 10-15 minute of tot die gereg deurwarm is.

Wenk:
As jy nie van die smaak van parmesaan hou nie, kan jy dit vervang met Cheddarkaas.
As die broodkrummel en kaasmengsel te min lyk na jou smaak, kan jy dit enige tyd verdubbel (of tot jy tevrede is).
Tuisgemaakte broodkrummels is net so lekker soos die gekooptes, en verder is dit 'n goeie manier om van ou brood ontslae te raak. Maak jou eie droë broodkrummels soos volg:
1) Gebruik enige brood van jou keuse. Verhit die oond tot 180 grade. Plaas snye brood op 'n bakplaat en laat in die oond vir 30 minute, of tot die brood heeltemal droog is. Verwyder die brood uit die oond en laat dit afkoel. Sit in 'n voedselverwerker en verwerk tot dit fyn krummels is. Bêre in 'n lugdigte houer.
2) Neem vars brood en breek dit kleiner. Sit dit in 'n voedselverwerker en verwerk dit tot dit fyn of growwe broodkrummels is. Plaas die krummels in 'n groot braaipan en braai dit tot dit goudbruin en heeltemal uitgedroog is. Laat dit op 'n bord afkoel en bêre in 'n lugdigte houer.

Kaasboontjies

250 g gevriesde boontjies
15 ml fyngekapte ui
1 knoffelhuisie, gekneus
5 ml botter of margarien
sout en peper na smaak
ongeveer 30 ml gerasperde kaas

Kook die boontjies in bietjie soutwater tot gaar, maar nie pap nie. Neem 'n groot braaipan en braai intussen die ui en knoffel in die botter tot sag en deurskynend. Dreineer die boontjies, en voeg dit by die uie in die braaipan. Meng versigtig maar deeglik (jy wil nie boontjiemoes hê nie). Geur met sout en peper. Skep in 'n opdienbak en sprinkel die kaas bo-oor net voor opdiening.
Bedien warm.

Wenk:
As jy in elk geval jou oond aanhet kan jy sommer die bak in die oond ook sit sodat die kaas lekker oor die boontjies smelt.

Romerige Groenboontjies

125 ml spek
1 ui, gekap
1 tamatie, geskil en gekap
410g-blik groenboontjies, gedreineer
sout en peper na smaak
125 ml voorbereide witsous
60 ml gerasperde cheddar

Braai die spek en ui saam tot gaar. Voeg die tamatie by en braai tot die tamatie sag is. Voeg nou die boontjies by en roer versigtig. Geur na smaak met sout en peper. Verhit die boontjies oor matige hitte tot deurwarm. Maak intussen jou witsous en roer die kaas daarby. Roer die sous by die boontjies in. Bedien warm.

Wenk:
Maak die witsous sonder die kaas. Meng die boontjies daarby in, skep in 'n oondvaste bak en sprinkel die kaas bo-oor. Bak teen 180 grade tot deurwarm en die kaas gesmelt het.
As jy haastig is, kan jy sommer 'n pakkie kits witsous ook gebruik. Wees net gewaarsku as daar van die boontjies oorbly - kits witsous word gou waterig, en dus gaan môre se oorskiet taamlik onaptydwekkend lyk!

Eet Meer Groente - Patat

OK, so ons almal eet te min groente. En tog is groente gesond en kan mens so baie daarmee doen. Niemand is lus vir gestoomde groente elke dag nie (veral nie dié van ons wat probeer diet nie) - toe dink ek dis 'n goeie idee om vir julle 'n paar idees te gee van wat mens alles met groente kan doen. En was daar baie resepte in my argiewe! Ons begin ook sommer elke groentesoort met info wat ek van die internet af gekry het. Mens wil darem weet hoekom dit gesond is om groente te eet!

Health Benefits of Sweet Potato

Sweet potato is amongst the oldest vegetables today, believed to be in consumption since centuries. In fact, the sweet potato relics found in Peruvian caves date back to 10,000 years ago and serve as the best proof of their consumption even in the prehistoric times. Though sweet potatoes are native to Central America, they are cultivated in almost every country of the world today. At present, there are as many as 400 varieties of the vegetable, with the flesh ranging from white and yellow to orange in color and the thin skin being white, yellow, orange, red or purple. If you want to explore some information on the health and nutrition benefits of eating sweet potatoes, read on further.

Nutritional Value of Sweet Potato
Given below is the amount of nutrients in 100 gm of sweet potatoes:
Carbohydrates - 20.1 gm
Sugars - 4.2 gm
Dietary fiber - 3.0 gm
Fat - 0.1 gm
Protein - 1.6 gm
Vitamin A - 709 μg
β-carotene - 8509 μg
Thiamin (Vitamin B1) - 0.1 mg
Riboflavin (Vitamin B2) - 0.1 mg
Niacin (Vitamin B3) - 0.61 mg
Pantothenic acid (Vitamin B5) - 0.8 mg
Vitamin B6 - 0.2 mg
Folate (Vitamin B9) - 11 μg
Vitamin C - 2.4 mg
Calcium - 30.0 mg
Iron - 0.6 mg
Magnesium - 25.0 mg
Phosphorus - 47.0 mg
Potassium - 337 mg
Zinc - 0.3 mg
Calories - 90 kcal (360 kJ)

Health & Nutrition Benefits of Eating Sweet Potatoes
Being rich in dietary fiber, sweet potato lowers the risk of constipation, diverticulosis and colon and rectal cancer.
Sweet potatoes have been found to helpful in minimizing the risk of heart disease, diabetes and obesity.
Sweet potato is a good snack for those trying to lose weight. It induces a feeling of fullness soon and thus, helps control food intake.
Consumption of sweet potatoes has been known to help avoid stroke, by bringing down the harmful effects of low-density cholesterol & preventing blood clots.
The presence of beta-carotene in sweet potato helps the body fight against free radicals and thus, prevents cancer.
Since sweet potatoes have a low glycemic index, they can be consumed by those suffering from diabetes, without any apprehensions.
The high amount of potassium in sweet potato helps the body in maintaining fluid and electrolyte balance as well as cell integrity.
Sweet potatoes have been found to be beneficial for blood purification as well as lowering of blood pressure.
Owing to the presence of iron and calcium, sweet potatoes ensure proper blood flow and also improve bone density.
Regular consumption of sweet potato is good for stomach ulcers and inflamed conditions of the colon.
Being rich in vitamins and minerals, sweet potato is good for people involved in heavy muscular work.


Patat vries wonderlik. Jy kan enige een van die volgende resepte vries. Maak dit wanneer patat goedkoop is en vries dit vir latere gebruik.

Yvonne se Soetpatats

Hierdie is die lekkerste van lekker patat. Dis ook Wimpie se gunsteling. Inteendeel, ek is al gesê ek kan maar enige ander patatresep weggooi - hy wil net hierdie ene eet.

2 kg patat
375 ml geel suiker
375 ml water
2 hoogvol eetlepels Maizena (mielieblom)
5 ml karamelgeursel

Was die patat en kook dit in 'n groot kastrol tot gaar. Skil dit af en sny in skywe. Pak die patatskywe in 'n reghoekige glasbak. Meng die suiker, water, mielieblom en geursel goed saam.
(Stip die patats met blokkies margarien, indien verkies.) Verhit die suikermengsel effens, tot die suiker gesmelt het. Gooi dit oor die patat en bak teen 180 grade vir 30-40 minute, of tot die suiker stol en karameliseer.

Graanvlokkie Patat

Patat met 'n sopie brandewyn - o gatta patatta! (Vir dié van julle wat nie weet nie, die alkohol in die brandewyn kook weg en net die lekker geur van die brandewyn bly oor.)

4 patats
190 ml geelsuiker
25 ml brandewyn
60 ml botter
2,5 ml fyn kaneel
125 ml graanvlokkies (Corn Flakes)

Kook die patats tot gaar en sny dit in skywe. Pak die patat in lae in 'n oondvaste bak. Meng die suiker, brandewyn, botter en kaneel saam. Verhit dit stadig tot die suiker gesmelt is. Gooi die sous oor die patat. Druk die graanvlokkies bietjie fyner en strooi dit bo-oor die patats. Bak in 'n voorverhitte oond teen 180 grade tot die gereg deurwarm is, en die graanvlokkies mooi bruin is.
Bedien warm.

Retha se Lemoenpatats

Geen resepversameling is volledig sonder 'n resep vir lemoenpatats nie. Hierdie is my ma se resep, en het 'n lekker "twist" in die vorm van die rosyntjies. As jy nie van rosyntjies hou nie (soos ek!) , los dit eenvoudig uit.

2 kg patat
50 ml mielieblom
500 ml lemoensap
125 ml bruin suiker
2 ml sout
2 ml gerasperde lemoenskil
125 ml pitlose rosyne

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Kook die patat met die skil tot sag. Skil af en sny in skywe. Pak in ‘n groot oondvaste bak. Meng die mielieblom met bietjie lemoensap tot gladde pasta. Voeg die res van die lemoensap by, asook die suiker, sout, lemoenskil en rosyntjies. Verhit die sous tot dik en gooi die oor die patat. Bak vir 30 minute tot die patat deurwarm is.

Njammie-Patats

Ek moet bieg - ek het nog nie die resep gemaak nie. Maar dit klink absoluut divine. Ek was van plan om dit een Sondag te maak, maar ek kon nie mini-malvalekkers in Bredasdorp kry nie. (Ek weet Mr Sweet maak sulke wittetjies.) Maar sodra ek weer Kaap toe gaan, gaan ek 'n groot voorraad mini-malvalekkers koop om dié ene te maak. Miskien eet Erik dit ook as daar "pienk" op is. (Dis Erik se woord vir malvalekkers al van kleins af.)

1.5 kg patat
300 ml margarien
300 ml bruin suiker
750 ml mini-malvalekkers
2.5 ml fyn kaneel
1 ml fyn neut

Kook die patat tot gaar en skil af. Sny die patat in groterige blokkies, en druk van die blokkies effens fyner met 'n vurk. Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer 'n oondvaste bak.
Meng die margarien, bruin suiker, 500 ml van die malvalekkers, kaneel en neut saam in 'n kastrol. Kook oor medium hitte, en roer gedurig tot die malvalekkers gesmelt is. Meng die patat goed by die mengsel in. Skep dit in die voorbereide bak uit en bak in die oond vir 15 minute. Verwyder uit die oond en gooi die res van die malvalekkers bo-oor. Plaas terug in die oond en bak tot die malvalekkers gesmelt en goudbruin is.

Patatkoekies

As mens dit met pampoen kan doen, kan mens dit seker met patat ook doen?

500 ml fyn, gaar patat
125 ml koekmeelblom
2 eiers
olie vir vlakbraai

Meng die patat en meel goed. Klits die eiers saam en voeg dit by die patat. Meng tot 'n sagte deeg. (Indien dit te styf is, kan 'n bietjie melk bygegooi word.) Verhit die olie in 'n kleefvrye pan en braai lepelsvol van die deeg daarin tot gaar en goudbruin.
Bedien warm met kaneelsuiker, heuning en suurlemoen.

Nutty Crust Patat

OK, bogenoemde resepte was almal redelik gesond. Wel, soortvan. Maar mens moet darem 'n dekadente resep ook hê wat jou are laat toeslaan deur net daaraan te dink. As dit die tipe resep is wat jy soek, moenie verder soek nie. Hierdie resep gaan verseker jou soettand ruk en jou cholesterol op 'n onnatuurlike "high" sit. En al sal jou skuldgevoel jou nie toelaat om hierdie gereg meer as een maal elke tien jaar te eet nie, is dit regtig heerlik.

4 kg patat
3 pakke Nutticrust-beskuitjies
250 ml vars room
500 g goue stroop

Kook die patat in soutwater tot sag. Skil af en maak fyn. Smeer 'n oondvaste bak. Neem een van die pakke Nutticrust en pak dit in 'n enkellaag onderin die bak. Skep die helfte van die patat oor. Maak die stroop bietjie warm en gooi die helte oor. Gooi ook die helte van die room bo-oor. Krummel die tweede pak beskuitjies en gooi dit oor die patat. Skep die tweede helfte van die patat bo-oor en maak gelyk. Gooi die res van die stroop en room oor. Krummel die laaste pak beskuitjies en strooi dit bo-oor die patat. Bak vir 20-30 minute by 180 grade tot die gereg deurgaar is.

Wednesday, April 1, 2009

Dekadente Sponskoek

Ons het almal daardie resepte wat mense assosieer met jou. Hierdie is een van myne. As ek mense oorkry en hulle sien die koek op die tafel, dan is die kommentaar gewoonlik iets soos: "Leanda, is dit daardie dekadente sponskoek van jou?" Ek hoop dit word só 'n gunsteling onder jou gaste soos dit onder myne is.

Dekadente Sponskoek

4 ekstra groot eiers
375 ml strooisuiker
5 ml vanillageursel
500 ml koekmeelblom
2,5 ml sout
15 ml bakpoeier
125 ml melk
125 ml water
30 ml olie
125 g margarien
390g-blikkie karamelkondensmelk
250 ml room

Voorverhit die oond tot 180 grade. Spuit twee 24cm-laagkoekpanne met Spray & Cook.
Klits die eiers, suiker en vanillageursel saam vir ongeveer 5 minute tot romerig. Sif die meel, sout en bakpoeier saam in vou dit by die eiermengsel in met 'n metaallepel. Smelt die melk, water, olie en margarien saam tot net voor kookpunt en roer dit deeglik in bogenoemde mengsel. Gooi die beslag in die koekpanne.
Bak die koek vir 25-30 minute of tot gaar en 'n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
Wanneer die koek uit die oond kom, maak die kante los en laat effens afkoel voordat dit uitgekeer word.
Laat die koek heeltemal koud word. Roer die karamelkondensmelk goed totdat daar nie meer klonte in is nie. Klits die room styf. Skep die helfte van die kondensmelk bo-op die een koek, en smeer egalig. Skep die helfte van die room bo-op die kondensmelk en smeer egalig. Plaas die tweede koek bo-op dit. Smeer die res van die kondensmelk bo-op die koek. Gebruik die orige room om roomrosies bo-op die koek te spuit. Frummel die Flake bo-oor die koek.
Verkoel die koek as dit nie dadelik geëet gaan word nie. Laat so 'n uur voor opdiening buite die yskas om net na kamertemperatuur terug te keer.

Het jy geweet?
Hierdie koek word met 'n metaallepel gemeng om dit lig te hou.

Sjokolade Laagkoek

Laas het ek julle bietjie uitgehelp met sjokolade plaatkoeke en 'n klein sjokoladekoek, maar ek het twee wonderlike sjokolade laagkoek resepte wat ek met julle wil deel. Hierdie laagkoeke is ideaal vir as jy 'n bietjie wil uithang en voel 'n plaatkoek is dalk nie geskik nie.

Coke Sjokoladekoek

Ek het hierdie resep eendag in 'n tydskrif raakgelees en dit uitprobeer. Dit is divine! Dit lewer 'n groot, klam en donker sjokoladekoek.

250 ml Coke
125 ml kakao
4 ekstra groot eiers
375 ml suiker
125 ml olie
5 ml vanillageursel
450 ml koekmeelblom
15 ml bakpoeier
2 ml sout

Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer twee 22cm-laagkoekpanne met margarien of spuit dit met Spray & Cook.
Meng die Coke en kakao saam tot glad. Laat eenkant staan. Skei die eiers. Klits die eiergele en suiker baie goed saam tot lig en dik. Roer die kakaomengsel hierby, dan die olie en die vanillageursel. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en roer by. Klits die eierwitte tot dit stywe punte vorm en vou dit by die beslag in.
Verdeel die beslag tussen die twee koekpanne en bak in die middel van die oond vir 25-30 minute tot gaar en 'n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Laat dit effens afkoel en keer op draadrakke uit om af te koel.
Versier soos verkies.

As jy nie weet watter versiersel om te gebruik nie, die volgende een was deel van die oorspronklike resep:

200 g sjokolade, gekap
250 ml room
60 ml botter, in blokkies gesny

Verhit die sjokolade in 'n dubbelkoker (of gebruik 'n glasbak oor 'n pot met kookwater) oor baie lae hitte tot net gesmelt. Klop vir 1 minuut tot glad. Verhit intussen die room tot louwarm en wanneer dit dieselfde temperatuur as die sjokolade is, roer jy die twee saam. Klop die botter by tot alles opgelos en glad is. Bedek die versiersel en plaas in die yskas tot styf. Sny elke koeklaag horisontaal in twee en smeer 'n dun lagie sjokoladeversiersel op elk. Stapel op mekaar en smeer die res van die versiersel bo-op en langs die kante.

Wenk: Wanneer 'n resep vra dat 'n koeklaag in twee gesny moet word, werk hierdie metode die beste: Vat 'n langerige stuk gare, en sit dit om die koek in die middel, of daar waar jy die koek deurgesny wil hê. Hou die twee ente van die gare oorkruis en trek dit stadig en versigtig na mekaar toe. Die gare gaan dan die koek sonder enige probleme middeldeur sny. Easy peasy!

Maklike Sjokolade Olie-Laagkoek

Hierdie maklike resep is seker by almal bekend. Dit was my eerste sjokoladekoek wat ek met sukses gebak het, en ek bak hom tot vandag toe nog. Ek het dit in 'n ou-ou tuisnywerheid resepteboekie van my ma gekry.

5 ekstra groot eiers
310 ml suiker
200 ml water
200 ml olie
500 ml koekmeelblom
50 ml kakao
2 ml sout
5 ml koffiepoeier
20 ml bakpoeier

Voorverhit die oond tot 190 grade. Spuit twee 24cm-laagkoekpanne liggies met Spray & Cook. Skei die eiers. Klits die eiergele, suiker, water en olie saam vir 5 minute. Sif die koekmeelblom, kakao, sout en koffiepoeier oor die mengsel en klits weer vir 'n verdere 3 minute. Vou die bakpoeier hierby in. Klits die eierwitte styf en vou dit by die beslag in. Verdeel die beslag tussen die twee koekpanne en bak die koek vir 30 minute.
Wanneer die koek uit die oond kom, maak die kante los en laat dit in die panne koud word voor dit uitgekeer word. Versier soos verkies.

Wenk vir 'n Lui Huisvrou:
Meeste koeke gebruik geklitste eierwitte as bestanddeel. Indien jy nie geweet het nie, dit word gebruik as rysmiddel en om die koek lig te hou. Maar ons weet almal dat as daar met die eier se skei van die eiergeel in die eierwit beland, sal die eierwit nie styfklits nie. En ons is darem ook nie nou lus om die eierklitser te gaan was terwyl ons besig is om te konsentreer om die koek aanmekaar te slaan nie. Dus, wat ek altyd doen is, klits eers die eierwit deeglik styf en maak dan die koek vinnig aan. Jy kan dan maar bymekaarklits wat jy wil, ten minste is jou eierwitte styf.

Tuesday, March 31, 2009

Ietsie met Aartappel 2

Al ooit opgelet hoe goed blatjang saam met aartappels gaan? Indien nie, is ek seker dat hierdie twee resepte jou van mening sal laat verander.

Blatjang Aartappels

6-8 medium aartappels
sout
250 ml blatjang (ek gebruik maar altyd Mrs Balls)
250 ml kookwater
125 ml mayonnaise
1 pakkie bruin uiesoppoeier
gerasperde kaas na smaak

Kook die aartappels met die skil aan tot net sag. Verhit solank die oond tot 180 grade.
Dreineer die aartappels en behou die skil. Halveer elke aartappel oorlangs. Plaas die halwes met die gesnyde kante na bo in 'n vlak oondvaste bak. Meng die blatjang, kookwater, mayonnaise en uie soppoeier saam en skep dit oor die aartappels. Sprinkel die kaas bo-oor. Bak die gereg vir 30 minute. Bedien warm.

Warm Aartappelslaai

6 groot aartappels
25 ml olie
2 uie, gekap
250 g spek
125 ml blatjang
125 ml asyn
100 ml olie
15 ml mielieblom (Maizena)
250 ml melk

Kook die aartappels in soutwater tot sag. Sny dit in blokkies. Braai die uie in die 25 ml olie in 'n groot pan. Braai nou die spek saam met die uie tot gaar. Gooi die blatjang, asyn en orige olie by die mengsel in die pan en kook vinnig vir 2 minute. Meng die mielieblom met die melk en gooi dit stadig by die mengsel. Roer vinnig. Kook alles saam vir nog 2 minute. Gooi die sous oor die aartappels en meng liggies deur. Bedien warm.
(Vir variasie kan jy ook sampioene en/of soetrissies saam met die uie braai en dit byvoeg. As jy die spek uitlaat, het jy sommer 'n vegetariese weergawe van die gereg.)

Ietsie met Aartappel

Ons mense is mos maar lief vir 'n aartappel. En ondanks die feit dat aartappels in die afgelope jare van "taboo kos" tot "gesonde kos" beskuldig is, bly ons maar nog steeds lief vir 'n aartappel. Dit kan mens sommer gou sien aan die ongelooflik baie resepte wat daar vir aartappels is. Hierdie is van my gunstelinge:

Klassieke Molshope

Kapokaartappels is my dood. Hier op Napier is 'n restaurant wat die lekkerste vark schnitzel maak, en daarmee saam kom die heerlikste kapokaartappels. Ek het gou besef wat die geheim daaragter was: roosmaryn. Maar al probeer ek ook hoe met die roosmaryn, kan ek nog steeds nie my "mash" na hulle s'n laat smaak nie. Hier is nog 'n lekker resep met kapokaartappels - dit mag dalk by baie van julle bekend wees.

8-10 groot aartappels
bietjie melk
bietjie margarien
3 ml bakpoeier
sout, peper en geurmiddels na smaak
250 ml room
125 ml gerasperde kaas

Skil en kook die aartappels in soutwater tot sag. Dreineer en druk fyn. Voeg 'n bietjie melk, margarien en die bakpoeier by en meng goed. Geur na smaak. Skep hompe aartappel met 'n roomyslepel in 'n gesmeerde vlak oondbak.
Gooi die room bo-oor die aartappels en sprinkel die kaas oor.
Bak dit vir 20-25 minute teen 180 grade tot die gereg deurwarm en die kaas gesmelt is.
Bedien warm.

Opge-Jazz-De Molshope

So 'n tydjie terug het ons mense oor vir 'n braai en toe besluit ek dit is weer tyd om molshope te maak, maar ek het nie room nie. Wat dan nou gemaak? Toe improvise ek maar die klassieke molshope resep en dit is wat daar uitgekom het. Nou wonder ek - klassieke molshope of opge-jazz-de molshope? Besluit jy maar self.

8-10 groot aartappels
bietjie melk
bietjie margarien
3 ml bakpoeier
sout en geurmiddels na smaak
250 g spek
125 g sampioene, gesny
1 pakkie kits kaassous
125 ml gerasperde kaas

Skil en kook die aartappels in soutwater tot sag. Dreineer en druk fyn. Voeg die melk, margarien en bakpoeier by en meng goed. Geur na smaak met sout en geurmiddels. Skep hompe aartappel met 'n roomyslepel in 'n gesmeerde vlak oondbak.
Braai nou die spek en sampioene saam tot gaar. Skep dit oor die aartappels. Maak die sous aan volgens die aanwysings op die pakkie en gooi dit oor die aartappels. Sprinkel die kaas bo-oor en bak vir 30 minute teen 180 grade tot die gereg deurwarm en die kaas gesmelt is.
Bedien warm.

Geheime vir Veerligte en Flatervrye Kapokaartappels:

Moet nooit jou kapokaartappels klits of in die voedselverwerker maak nie - dit word taai.
Verhit melk of room effens voor jy dit by die kapokaartappels inmeng.
Gebruik karringmelk in plaas van melk of room vir 'n lekker suur smakie.
As jy kapokaartappels vir baie mense maak, kan dit warm gehou word in 'n prutpot
(slow cooker).
Meeste wortelgroentes smaak baie lekker as dit saam met aartappels ge-mash word. Gooi volgende keer wortel of patat by. Uie en knoffel is ook lekker.
Oorskiet kapokaartappels kan gebruik word om souse, sop of bredies te verdik.
Dit wil voorkom asof kapokaartappels wel gevries kan word. Plaas die aartappels in 'n plastieksakkie en druk al die lug uit. Verseël en vries. Wanneer jy dit wil ontdooi, dop die aartappel uit die sakkie uit en sit in 'n bak. Mikrogolf op hoog tot die aartappel vuurwarm is. Roer deur. (Ek het nog nie kapokaartappels gevries nie, maar hierdie metode het ek al gebruik vir ander geregte met aartappel. As jy dit stadig verhit, word die aartappel mushy en baie-baie onsmaaklik.)
As jy aartappelrosies met 'n versierspuit wil spuit, kan jy 'n geklitste eier by die aartappel inmeng om te sorg dat die rosies hul vorm behou.

Sjokoladekoek O, Sjokoladekoek !

Soos met kaaskoek, is ek alewig op soek na die perfekte sjokoladekoek resep. Die soektog sou baie makliker gewees het as my vriendin Irene haar sjokoladekoek resep met my wou deel, maar aangesien ek net 'n "no" van haar kry as ek vra, is dit nou maar net my plig om die naas-perfekste sjokoladekoek te vind en met julle te deel.

En daar is 'n paar wat naby kom. Probeer gerus die volgende resepte en laat my weet wat julle dink?

Anita de Villiers se Sjokoladekoek

Ek ken Anita de Villiers nie persoonlik nie, maar sy kan 'n sjokoladekoek bak! Sy is my oorlede skoonpa se niggie, en ek is seker sy sal nie omgee as ek haar lekker resep met julle deel nie.

500 ml wit suiker
500 ml bruismeel
2 ml sout
250 g botter of margarien
250 ml water
75 ml kakao, gesif
2 eiers
125 ml karringmelk
5 ml koeksoda
5 ml vanillageursel
2 ml kaneel

Sif die suiker, bruismeel en sout saam in 'n mengbak. Sit die botter, water en kakao saam in 'n kastrolletjie en verhit tot al die botter gesmelt het. Voeg dit by die meelmengsel en roer goed deur. Klits die eiers liggies met 'n vurk en voeg by. Voeg die karringmelk, koeksoda, vanilla en kaneel by. Roer tot alles goed gemeng is en gooi die beslag in 'n gesmeerde reghoekige glasbak (33x23x5cm). Bak in die voorverhitte oond by 180 grade vir 30-40 minute of tot die koek gaar is.

Berei intussen die versiersel:


250 g versiersuiker
125 ml kakao
65 g botter of margarien, gesmelt
75 ml karringmelk


Sif die versiersuiker in kakao saam in 'n mengbak. Smelt die botter en voeg by. Voeg laastens die karringmelk by en meng goed.
Smeer die versiersel ook die warm koek sodra dit uit die oond kom. Laat in die bak afkoel en sny in blokkies.

(Ek vind dat die versiersel geneig is om langs die kante van die koek te poel, so soos dit afkoel kan jy maar weer van die versiersel oor die koek smeer.)


Suzann se Sjokoladekoek


Tannie Suzann Jacobs is my skoonma se goeie vriendin van die Strand. Hierdie vinnige en maklike (en belangriker - flatervrye) sjokoladekoek het my al menigde male uit gered as ek vinnig 'n koek vir 'n funksie of gaste aanmekaar moet slaan. Dit word ook in 'n reghoekige glasbak gebak.


3 eiers
125 ml olie
250 ml kookwater
250 ml suiker
440 ml koekmeelblom
15 ml bakpoeier
knippie sout
60 ml kakao
5 ml vanillageursel

Voorverhit die oond tot 180 grade. Spuit 'n reghoekige glasbak met kleefwerende middel.
Skei die eiers en klits die eiergele goed. Voeg die olie en water by en klits goed. Voeg nou die suiker by en klits weer goed. Sif die droë bestanddele saam, voeg dit by die eiermengsel en meng goed. Klits die eierwitte styf en vou dit by die mengsel in. Voeg laastens die vanilla by. Gooi die beslag in die glasbak en bak dit vir 35 minute of tot gaar.
Die koek kan versier word met sjokoladeversiersel, gekookte kondensmelk of enige ander versiersel van jou keuse.


Nestlé Sjokoladekoek

Hierdie reseppie het ek eendag op 'n Nestlé kakao-blikkie gekry. Dit het nogal lekker gekom. Dis 'n klein resep - ideaal vir 'n ringpan, 1 enkel ronde- of vierkantige koekpan.

250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
knippie sout
60 ml kakao
125 ml warm water
3 eiers, geskei
60 ml olie
220 ml suiker
3 ml vanillageursel

Sif die meel, bakpoeier en sout saam in 'n mengbak. Meng die kakao en warm water in 'n beker en laat afkoel. Meng die eiergele, olie, suiker en vanilla. Meng die kakao hierby in. Vou hierdie mengsel by die droë bestanddele in die mengbak en meng goed. Klits die eierwitte tot styf, en vou dit liggies by die beslag in.
Skep die beslag uit in die koekpan van jou keuse en bak teen 205 grade vir 20-25 minute of tot die koek gaar is. Versier die koek na jou keuse.


Die koek kan ook in die mikrogolf gebak word: Gooi die beslag in 'n 21 cm plastiek ringvorm. Plaas op 'n omgekeerde piering. Mikrogolf dit op medium-hoog (80%) vir 10-12 minute.

Wenke:
Karringmelk - As jy nie karringmelk in die huis het nie, kan jy die volgende probeer om dit te vervang: Gooi 15 ml wit asyn of suurlemoensap in 'n maatbeker en vul dit melk melk aan tot 250 ml. Laat staan vir 5 minute en gebruik soos die karringmelk in die resep.
OF verhit 25o ml melk effens in die mikrogolf. Voeg 22,5 ml (1.5 eetlepel) suurlemoensap of 20 ml wit asyn by die melk en meng goed. Laat dit staan tot die mengsel afgekoel het.
OF gebruik 250 ml suurroom of gewone joghurt vir elke 250 ml karringmelk in die resep.
OF meng 25 ml kremetart met 250 ml melk en laat staan tot dit verdik het.
OF gebruik 125 ml melk en 125 ml gewone joghurt vir elk 250 ml karringmelk in die resep.
OF meng 250 ml ingedampte melk met 15 ml asyn.

Wednesday, March 25, 2009

Kluitjies of SOUSkluitjies

Ek hou van 'n souskluitjie - die kere wat ek dit by ander mense geëet het. Vir jare was ek afgesit daarvan om souskluitjies self te maak, oor horror stories van "kluitjies wat platgeval het" en ander nasty dinge wat met kluitjies kan verkeerd gaan.

Tot ek dié volgende resep gekry het. Ek het dit eendag probeer en nou waarlik! Dit was heerlik en dit het nie geflop nie - en die kluitjies was lig en pragtig!

Maar dis hier waar die geheim inkom. MOENIE die deksel oplig nie. As jy regtig nie anders kan nie, gebruik 'n pot met 'n deurskynende deksel, maar as jy daardie deksel opgesit het, dan lig jy hom nie weer op voordat die kooktyd verstreke is nie. Onder geen omstandighede nie - selfs al ruik jy iets brand of vermoed jy jou kat het in die pot beland of jou man dringend sy karsleutels soek en dit nêrens kan kry nie - MOENIE OPLIG NIE!!!

In die woorde van Wenresepte superster Annette Human : "As jy dit doen, gaan die kluitjies neerslaan en dan is hulle hul naam waardig: kluitjies in sous."

So ek sê weer - MOENIE OPLIG NIE!!!

Onfeilbare Souskluitjies

Maak eers die sous:

750 ml koue water
250 ml wit suiker
10 ml margarien
7 ml kaneel
knippie sout

Meng alles saam in 'n groot kastrol en verhit tot kookpunt. Onthou om 'n kastrol te gebruik met 'n deksel wat dig pas. Maak intussen die beslag:

250 ml bruismeel
125 ml wit suiker
1 ml bakpoeier
1 ml sout
40 g margarien
1 eier en
genoeg koue water om saam 100 ml op te maak

Sif die meel, bakpoeier en sout saam in 'n mengbak. Voeg dan die suiker by. Voeg die margarien by en frummel dit met jou vingertoppe saam met die meel totdat dit soos fyn krummels lyk. Klits die eier en die water saam tot goed gemeng. Voeg dit by die meelmengsel en meng dit goed.
Skep lepelsvol van die beslag in die kokende stroop. Sit dadelik die deksel op en verlaag die hitte effens. Laat die kluitjies vir 8 minute stadig kook.
Bedien die kluitjies met die sous, vla of roomys.

En wanneer jy nou hierdie resep baasgeraak het, en lus voel vir iets meer gewaagd, probeer gerus hierdie lekker resep:

Spesery Kluitjies

Maak eers die sous:

500 ml water
180 ml wit suiker
1 ml sout
5 ml fyn gemmer
5 ml fyn kaneel
2 ml fyn naeltjies

Verhit die al die sousbestanddele saam in 'n kastrol met 'n digpassende deksel. Roer tot die suiker opgelos is en bring tot kookpunt. Maak intussen die beslag:

60 g margarien
125 ml fyn appelkooskonfyt
10 ml koeksoda
375 ml koekmeelblom
1 ml sout
1 eier

Smelt die margarien in 'n kastrolletjie en voeg die appelkooskonfyt by. Roer tot dit gesmelt is en roer die koeksoda by sodat die mengsel kan skuim. Voeg nou die meel en sout by en roer met 'n houtlepel tot dit 'n stywe bal vorm. Verwyder dit van die stoof en laat effens afkoel. Klits die eier, en voeg dit by die beslag in met 'n houtlepel. Dit vorm 'n klewerige deeg.
Skep lepelsvol van die deeg in die kokende stroop. Verlaag die hitte effens. Bedek die kastrol en en laat dit 15-20 minute lank prut.
Die kluitjies smaak heerlik met vanilla roomys.

Tuesday, March 17, 2009

Die Beste Pannekoek

Ek was so lanklaas op hierdie blog dat ek eintlik skaam voel! So dis winter. Ek hoor van almal in die Kaap dat dit omtrent gereën het. Ek weet nie presies waar die reën wegkruip nie, maar al wat ons hier kry is koud. Baie baie koud. Dit het darem vir 'n paar dae lank gereën hier, en so met die gepatter-patter van die reën op ons dak en die wind om die hoeke, raak ek toe sommer nostalgies en besluit net daar - ek gaan pannekoek bak om die lekker reëntjie te vier! En nou wag ek net vir die winter om terug te kom sodat ek weer 'n verskoning het om pannekoek te bak!

Ai, pannekoekresepte. Ek vermoed daar is duisende. Waarvan ek al heelwat probeer het, moet ek erken. En net so baie soos wat ek al probeer het, net so baie het al geflop ook! Later het ek gedink dat miskien is die tegniek van die bakster belangriker as die resep? Ek kon nog nooit dit regkry om pannekoek te bak sonder dat die eerste een flop nie, maar met die volgende drie resepte het ek dit reggekry om net één te laat flop. Daar is volgens my net één moet vir die perfekte pannekoek: 'n NON-STICK PAN!!!


Hierdie is almal gróót resepte. Soos ek dit sien moet jy ordentlik pannekoek bak as jy dit die slag doen. Pannekoek kan met welslae bevries word (sien hieronder). Ek het selfs al gehoor dat mense pannekoekbeslag vries, maar ek het dit nog nooit self probeer nie.

Yvonne se Basaarpannekoek


Hierdie is die eerste pannekoekresep wat my soos 'n bobaas pannekoek-bakster laat voel het! Ek maak gewoonlik dié deeg aan vir basaars en fondsinsamelings, want dit flop net eenvoudig nie. Ek het die resep jare terug by my skoonma gekry en ek is seker sy sal nie omgee as ek dit met julle deel nie.

4 eiers
5 x 250 ml water
250 ml olie
50 ml asyn
4 x 250 ml koekmeelblom
5 ml koeksoda
5 ml sout
20 ml bakpoeier

Klits die eiers en water saam. Gooi die olie en asyn by. Voeg die meel, koeksoda en sout hierby en klits goed sodat daar nie meer klonte is nie. Meng die bakpoeier by die beslag in net voordat dit gebak word.
Gooi 'n bietjie olie in die pan voor die eerste pannekoek gebak word. Ek gebruik so ongeveer 'n driekwart soplepel beslag vir 'n meduim pan. Bak die pannekoeke (sonder om weer olie by te gooi) tot al die beslag opgebruik is.

Huis De Kuilen Pannekoeke


Elke Vrydag het Huis De Kuilen 'n pannekoekverkoping ten bate van die Ouetehuis. Hulle pannekoek is heerlik, en met groot gesukkel het ek darem uiteindelik die resep gekry. Hierdie is die perfekte pannekoek vir 'n basaar of verkoping - dis goedkoop en lewer 'n groot klomp pannekoeke.

18 XL eiers
750 ml olie
5 liter water
10 ml asyn
2,5 kg koekmeelblom
15 ml sout
25 ml bakpoeier


Klits die eiers en olie saam. Voeg die water en asyn by en klits weer goed. Voeg die meel en sout by en meng. Voeg laastens die bakpoeier by. Gooi die beslag deur 'n sif om enige klonte te verwyder. Laat die beslag oor nag staan. Bak in 'n warm pan.


Pannekoekverkoping Pannekoek


Hierdie resep is 'n variasie van bogenoemde een, maar hy is net so suksesvol. Ons het so drie jaar terug 'n pannekoekverkoping vir Erik se speelskooltjie gehou. Ons doelwit was om vir hulle 'n "jungle gym" aan te koop - en met warm kaneelsuiker pannekoeke daardie dag, het ons die "jungle gym" en nog meer weggebak! Ons het die volgende resep gebruik:

20 eiers
375 ml olie
30 ml suurlemoensap
1,5 liter water
2,5 ml koekmeelblom
5 x 20 ml bakpoeier
30 ml sout
1,5 ml water

Klits die eiers goed saam. Voeg die olie, suurlemoensap en 1,5 liter water by. Klits weer goed. Voeg nou die meel, bakpoeier en sout by. Klits die mengsel goed tot daar nie meer klontjies in is nie. Voeg die res van die water by en meng. Laat die beslag oornag staan en bak die volgende dag. (Voeg nog water by indien die beslag te dik is.) Bak in 'n warm pan.


Wenk
Die vries van Pannekoeke:
As jou resep baie pannekoeke lewer en julle is al 'n bietjie moeg van pannekoek eet, kan jy dit altyd vries vir 'n ander dag. Sit die pannekoeke met 'n stuk cling-wrap of waspapier tussen elke pannekoek om te keer dat dit nie vassit nie. Sit in 'n plastiese sak en vries. So maklik soos dit. As jy dit wil ontvries, dan sit jy net die pannekoek(e) op 'n bord en stop dit in die mikrogolf.

Friday, March 13, 2009

Beste Piesangbrood

Piesangbrood is nog een van daai dinge wat eenvoudig is om te maak, en mens goed kan uit-bail as jy onverwags gaste kry. My ma het vir jare die piesangbrood in die Kook & Geniet gebak, dit was 'n heerlike resep - tot ek eendag hierdie een probeer het. En sedertdien is dit al piesangbrood wat ek bak. As ek oorryp piesangs in die huis het, bak ek dié brood. Die geheim van 'n lekker klam piesangbrood is natuurlik oorryp piesangs. Hoe ryper, hoe lekkerder en geuriger die brood. En natuurlik is piesangbrood ook heel dwars - hoe ouer, hoe lekkerder. Hou dit maar in 'n lugdigte houer, en as brood gou muf word in jou omgewing, eet hom maar vinniger as later op.

Die resep is 'n groot resep - dit lewer drie piesangbrode. Dit vries baie goed. Draai die broodjie in cling wrap toe, en dan in tinfoil. As jy hom ontvries, ontvries hom net so in die cling wrap, anders mag hy dalk klam trek en dit is glad nie aptytwekkend nie.

Piesangbrood

250 g margarien
500 ml suiker
6 eiers
5 x 250 ml + 60 ml koekmeelblom
3 ml koeksoda
30 ml bakpoeier
7 ml sout
750 ml fyn piesang (8-10 groot piesangs)
15 ml vanillageursel


Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer drie klein broodpannetjies goed.
Room die botter en suiker. Klits die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Sif die meel, koekoda, bakpoeier en sout saam. Vou die droë bestanddele afwisselend met die fyn piesang in die bottermengsel in. Verdeel die beslag tussen die drie broodpannetjies. Bak vir ongeveer 60 minute of tot gaar.

Variasie:
Vir ietsie anders kan die beslag ook in gesmeerde muffinpanne geskep word. Bak dan vir 20-30 minute by 180 grade.

Kerrie Noedelslaai

Hierdie noedelslaai is seker al so oud soos die berge self. Maar dit bly 'n treffer. Wat die slaai so spesiaal maak, is dat dit laaaaank in die yskas hou - en dit word lekkerder hoe langer dit in die yskas is. Ek het al weergawes teëgkom waar mense die sous kook en dit inmaak ook. Hoe dit ookal sy, dit bly een van die lekkerste noedelslaaie wat daar is.

Kerrie Noedelslaai

500 g skroefienoedels
1 ui
125 ml asyn
200 ml wit suiker
tabascosous na smaak (opsioneel)
1 soetrissie
250 ml tamatiesous
125 ml olie
25 ml kerriepoeier
knippie peper

Kook die noedels en dreineer goed. Halveer, ontpit en kap die soetrissie fyn. Skil en kap die ui. Meng die noedels, soetrissie en ui in 'n slaaibak. Meng die res van die bestanddele saam en gooi dit oor die noedels. Meng dit liggies.
Verkoel voor opdiening.

Skaapskenkelpastei

'n Paar jaar gelede het ek by Gys en Marguerite Lombard op hulle plaas op Loeriesfontein gekuier. En het ek lekker geëet! Tannie Marguerite is 'n uithalerkok en my persoonlike gunsteling was die skaapskenkelpastei wat sy eendag vir ons voorgesit het.

Nou ek het al party dae lank in die winkel gestaan ek kyk waar die skaapskenkels dan nou weggesteek word. (Natuurlik help dit as jy 'n skaapboer is!) Maar ons het so 'n tydjie terug 'n heel skaap gekoop en nou waarlik - die skenkels was daarby! En sulke odd stukkies vleis wat geen mens weet wat om mee te maak nie. En net daar besluit ek skenkelpastei! En dit was heerlik. Selfs Erik wat meeste van die tyd maar vol vlooie is met kos, het omtrent die helfte van die pastei op sy eie opgeëet. Ek hoop Tannie Marguerite vergewe my, maar hier is haar heerlike resep:

Marguerite se Skaapskenkelpastei

1,4 kg skaapskenkels (en ander odd stukkies skaapvleis)
25 ml olie
1 hoender aftrekselblokkie
1 ui, gekap
50 ml koekmeelblom
25 ml sampioen soppoeier
250 ml melk
410g-blikkie sampioene, gedreineer
10 ml aangemaakte mosterd
125 ml gerasperde kaas, opsioneel
sout en peper na smaak

Kors:
125 ml melk
125 ml olie
1 eier
200 ml ongesifte koekmeelblom
10 ml bakpoeier
sout na smaak

Kook die skaapskenkels tot sag en dreineer. (Ek gooi dit sommer oornag in die slow cooker.)
Hou 200 ml van die aftreksel terug. Ontbeen die vleis en sny in blokkies. Gooi dit terug in die kastrol.
Braai die ui en hoenderblokkie in die olie tot die ui sag is. Meng die koekmeelblom, soppoeier en melk goed saam en voeg dit by die uiemengsel. Voeg die sampioene, mosterd, kaas, sout en peper by. Roer die mengsel by die vleis in die kastrol en laat prut tot die sous verdik. Skep die mengsel in 'n gesmeerde pasteibord.

Kors: Meng die bestanddele vir die kors goed saam. (Dit is 'n baie loperige mengsel!) Skep dit bo-op die vleis. Bak in 'n voorverhitte oond teen 200 grade vir 20 minute.

Alles oor Appeltert

Nou ek was nooit 'n groot aanhanger van warm appels nie (dit val in dieselfde kategorie as warm pynappel). Maar tydens my swangerskap met Erik het ek skielik 'n "craving" van astronomiese proporsies vir appeltert ontwikkel en wel, ek hou nou nog daarvan! Nou kan jy my enige tyd 'n lekker stukkie appeltert gee.

Daar is letterlik honderde appeltert-resepte - en tog is hulle maar eintlik net variasies van dieselfde bestanddele. Ek het al 'n hele paar van hulle probeer. Hierdie is egter my gunsteling vier resepte. Hulle is vinnig, maklik om te maak, het minimaal gesig en gemeng - en jy moet regtig hard probeer om hulle te laat flop.

Twee van die lekkerste kombinasies saam met appeltert is heuning, maar veral karamel. (Die ou wat die karamelkondensmelk een uitgevind het, verdien 'n prys!) As jy wil, kan jy 'n handvol rosyntjies of sultanas oor die appels van enige van hierdie resepte sprinkel - ek doen dit nie, want ek hou persoonlik nie baie van rosyntjies in kos nie (maar in chocolates is dit OK!).

Appeltert behoort louwarm met room of roomys geëet te word, maar hoe jy hom eet hang net van jou af!

Ma Yvonne se Heuning-Appeltert

Hierdie is my skoonma se resep (en my man se gunsteling - wonder hoekom?!).

250 ml meel
125 ml suiker
20 ml bakpoeier
2 ml sout
1 eier
125 ml melk
37,5 ml botter of margarien
410g-blik tertappels

Sous:
25 ml botter of margarie
37,5 ml heuning

Sif droë bestanddele saam. Verhit melk en botter tot louwarm en botter gesmelt is. Klits eier en voeg dit by die melkmengsel. Roer mengsel in droë bestanddele in (roer stadig, geneig om klonte te maak). Plaas ‘n dun laag deeg onderin ‘n gesmeerde tertbord. Druk appels effens fyn. Sit laag appels bo-op deeglaag. Skep orige deeg bo-oor en maak gelyk.
Bak teen 180 grade vir ongeveer 15 minute tot gaar en goudbruin.Berei in tussen die sous: Smelt die sousbestanddele saam en giet oor warm tert sodra dit uit die oond kom. Steek paar gaatjies in met vurk sodat dit kan intrek.

Ma Retha se Appeltert

Hierdie een is weer mý ma se resep - en my gunsteling. Hy is op sy lekkerste louwarm met roomys wat so oor sy korsie smelt...

820g-blik tertappels
kaneelsuiker na smaak
250 g margarien
625 ml koekmeelblom
12,5 ml bakpoeier
knippie sout
250 ml bruinsuiker
1 eier, geklits

Sous:
125 ml heuning
12,5 ml margarien
25 ml water

Sny die tertappels bietjie kleiner en pak onderin 'n gesmeerde reghoekige glasbak. Spinkel kaneelsuiker na smaak oor. Smelt die margarien. Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout, meng die suiker by. Meng dit by die margarien in. Voeg die geklitste eier by en meng goed.
Neem stukke deeg en druk dit plat in jou hande. Plak dit bo-op die tertappels tot al die appels bedek is.
Bak in 'n voorverhitte oond teen 180 grade tot die kors gaan en goudbruin is.

Berei intussen die sous: Smelt alles saam. Skep oor die warm tert as dit uit die oond kom. Bedien louwarm met roomys.

Karamel-Appeltert

Dit is seker die bekendste appeltert in die land - ek dink almal het hom al geproe! As die nood druk kan jy die ingedampte melk vervang met melk, maar dit bly maar die lekkerste met die ingedampte melk.

250 ml suiker
37,5 ml margarien
n3 groot eiers
230 ml bruismeel
2 ml bakpoeier
knippie sout
60 ml melk
385g-blik onversoete tertappels

Karamelsous:
410g-blik ingedampte melk
250 ml suiker
5 ml karamelgeursel

Voorverhit die oond tot 180ºC. Smeer ‘n vierkantige oondvaste bak.Room die suiker en margarien saam. Voeg die eiers by. Sif die droë bestanddele en meng goed. Roer die appels liggies in. Bak vir 30-40 minute of tot gaar.

Berei intussen die sous: Kook alles saam; roer gedurig. Giet oor die warm tert sodra dit uit die oond kom.

Kondensmelk-Appeltert

Hierdie is die jongste toevoeging tot my gunsteling appelterte. En raai, dit los nog genoeg karamelkondensmelk oor om met die lepel uit die blikkie te eet! Die sous is egter bietjie problematies - ek het gevind die enigste manier om dit glad te kry, is om dit met 'n blender stick te whizz; om een of ander rede los karamelkondensmelk nie sommer net op nie...

2 eiers
250 ml suiker
20 g margarien
100 ml melk
250 ml bruismeel
knippie sout
410g-blik tertappels

Kondensmelksous:
100 ml karamel kondensmelk
250 ml melk

Klits die eiers en suiker saam tot romerig. Vog nou die margarien en melk by en meng goed. Voeg die bruismeel en sout by en meng tot 'n gladde deeg.
Smeer 'n groot tertbord en pak die appels ín 'n laag onderin die bord. Skep die deeg bo-oor en maak gelyk.
Bak teen 180 grade vir 30 minute.

Berei intussen die sous: Plaas die kondensmelk en melk in 'n mikrogolfvaste beker en mikrogolf op hoog tot die mengsel warm is en die kondensmelk gesmelt is. Haal die tert uit die oond en prik die bokant van die tert met 'n vurk. Giet die warm sous oor die tert en laat afkoel tot louwarm voor bediening.

Warm Vrugtekelkietert

So op die onderwerp van vrugtekelkie-terte. Hierdie een is my ma se resep en absoluut heerlik. Jy kan dit as 'n koue tert voorsit, of as 'n warm poeding met vla of roomys.

Warm Vrugtekelkietert

500 ml bruismeel
250 ml suiker
10 ml koeksoda
2.5 ml sout
2 eiers
410g-blik vrugtekelkie

Sous:
250 ml suiker
1 blikkie room (of halwe blik ingedampte melk)
250 ml klapper
5 ml vanillageursel
45 ml margarien
Kook al die sousbestanddele saam vir 5 minute.

Voorverhit oond tot 180ºC.
Sif die droë bestanddele saam. Klits die eiers en suiker saam en voeg die vrugtekelkie by. Meng goed. Voeg die droë bestanddele by die eiermengsel en vou in. Skep die beslag in 'n gesmeerde tertbak en bak vir 30 - 40 minute tot gaar. Gooi die sous oor die warm tert sodra dit uit die oond kom.

Thursday, March 12, 2009

Koue Vrugtekelkietert

Ek het so baie versoeke vir hierdie resep gekry, dat ek dit net met julle moet deel. Nog een van die treffers wat ek vir Ouma Yvonne se 70ste verjaarsdag gemaak het en dit was 'n groot treffer. Dis een van my gunsteling terte vir hierdie warm dae wat ons op die oomblik het!

Koue Vrugtekelkietert


kors van jou keuse (ek pak sommer Tennisbeskuitjies uit)
1 liter vrugtekelkie joghurt (Kaapse Vrugte werk ook goed)
397g-blikkie kondensmelk
410g-blik vrugtekelkie
1 pakkie suurlemoenjellie
250 ml kookwater

Berei die kors van jou keuse. Los die jellie in die kookwater op en laat eenkant om af te koel.
Meng die joghurt met die kondensmelk. Dreineer die vrugtekelkie en meng dit by die joghurtmengsel in. Roer laastens die jellie in en skep die mengsel versigtig oor die beskuitjiekors.
Laat in die yskas stol.

Wenk:
As jy gewone Tennisbeskuitjies vir 'n kors gebruik, dan is die mengsel geneig om die beskuitjies te laat opdop. Om die probleem te oorkom, sit ek 'n klein skeppie van die vrugte op elke beskuitjie en skep die mengsel dan versigtig bo-oor.

Friday, March 6, 2009

Lekker Gebakte Kaaskoek

Ek hou van kaaskoek - sommer baie. Gebakte kaaskoek, yskas kaaskoek, kaaskoek met vrugte, karamel of marmerkaaskoek. So tussendeur is ek altyd op soek na 'n lekker kaaskoekresep. So maak Ouma Yvonne so 'n tydjie terug vir ons hierdie kaaskoek. Sy was nie baie impressed nie, maar ek het gedink dit is een van die bestes wat ek nog geproe het. Wat uit my kombuis uit kom, in elk geval! Gaan probeer hom gerus en vertel my wat julle dink...

Die oorspronklike resep sê jy moet hom met roomkaas maak, maar ek het gevind laevet gladde maaskaas of selfs vetvrye gladde maaskaas werk net so goed. En dan hoef ek nie so skuldig te voel as ek twéé stukkies eet nie! (Room? Watter room?!)

Gebakte Kaaskoek

beskuitjiekors van jou keuse
(200 g Tennis- of Mariebeskuitjies met gesmelte margarien werk altyd goed)
3 x 250 g gladde maaskaas
250 ml strooisuiker
250 ml room
4 eiers
60 ml suurlemoensap
125 ml koekmeelblom

Voorverhit die oond tot 180 grade. Spuit 'n losboompan (23cm) met Spray & Cook.
Meng die koekies met die margarien tot goed gemeng en druk dit op die basis van die pan vas.
Klits die maaskaas en die suiker saam. Voeg die room stadig hierby. Meng die eiers en die suurlemoensap saam en klits die mengsel tot styf. Vou die eiermengsel by die maaskaas in en voeg die meel by. Gooi die mengsel in die voorbereide pan en bak vir 10 minute in die oond. Verlaag die temperatuur tot 140 grade en bak vir 'n verdere uur tot die koek ferm (maar steeds sag) is. Skakel die oond af, maar los die kaaskoek in die oond om af te koel. Sodra die kaaskoek koud is, haal dit uit die pan en plaas op 'n bord. Verkoel in die yskas tot opdiening of dien op teen kamertemperatuur indien verkies.

Het jy geweet?
As mens 'n kaaskoek stadig in die oond laat afkoel, dan bars die vulsel nie oop nie.

Monday, February 16, 2009

Broodjies vir Braaivleis

Ons Suid-Afrikaners is lief vir braaivleis, en ons is nog liewer vir 'n broodjie saam met ons braaivleis. Braaibroodjies is altyd lekker, maar daar is iets spesiaals aan 'n louwarm broodjie wat jy self gebak het. En daar is baie resepte vir broodjies om van te kies en te keur. Ek deel hier 'n paar van my gunsteling staatmakers met julle.

Bierbroodjie

500 g bruismeel
340ml-blikkie bier (of botteltjie)
knippie sout
200 g gerasperde kaas
pietersielie en paprika vir bo-oor sprinkel

Meng die bruismeel en sout saam in 'n mengbak. Roer die bier hierby tot gemeng. (Dit is 'n stywe, klewerige deeg.) Skep die deeg uit in 'n broodpannetjie. Ek vind 'n kleefvrye pannetjie wat met Spray & Cook gespuit is, werk baie goed. Sprinkel die kaas bo-oor en dan die pietersielie en paprika. Bak teen 180 grade vir ongeveer 50 minute. Laat die broodjie vir 30 minute in die pannetjie afkoel en keer dan versigtig uit op 'n draadrakkie.

Variasie:
Ek het al soppoeier ook by die bierbroodjie ingemeng vir bietjie ekstra smaak, maar dan moet jy 'n tweede blikkie bier oopmaak om genoeg vloeistof te kry om alles deurgemeng te kry.
(Goeie verskoning om die res van die bier uit te drink...!)

Mieliebroodjie

Daar is 'n hele paar resepte vir mieliebroodjies, maar hierdie een is maklik, goedkoop en eenvoudig.

500 g bruismeel
5 ml sout
2 eiers
125 ml melk
30 ml olie
410g-blik geroomde suikermielies (sweetcorn)
200 g kaas, gerasper
pietersielie vir bo-oor sprinkel

Meng die bruismeel en sout in 'n mengbak. Klits die eiers en olie saam in 'n maatbeker. Voeg die melk by en klits weer. Roer nou die suikermielies by die mengsel in. Gooi die nat mengsel by die meel en roer goed tot 'n stywe deeg. Skep uit in 'n gesmeerde broodpannetjie en sprinkel die kaas bo-oor. Sprinkel 'n bietjie pietersielie bo-oor indien verkies. Bak vir ongeveer 50 minute in 'n voorverhitte oond teen 180 grade. Laat vir 30 minute in die pannetjie afkoel en keer dan uit op 'n draadrakkie.

Uiebroodjie

My persoonlike gunsteling is 'n uiebroodjie. Vars gebak en saam met regte-egte botter is dit hemels! Daar is net so baie resepte vir uiebroodjies, maar hier is die een wat ek altyd gebruik.

500 g bruismeel
1 pakkie bruin uiesoppoeier (jy kan wit uiesoppoeier ook gebruik)
5 ml sout
500 ml karringmelk
200 g gerasperde kaas
pietersielie en paprika vir bo-oor strooi

Meng die bruismeel, uiesoppoeier en sout in 'n mengbak. Meng die karringmelk daarby in tot dit 'n stywe deeg vorm. Skep die deeg uit in 'n gesmeerde broodpannetjie en sprinkel die kaas, pietersielie en paprika bo-oor. Bak in die oond teen 180 grade vir ongeveer 50 minute tot gaar. Laat vir 30 minute afkoel in die pannetjie en keer dan uit op 'n draadrakkie.

Sampioenbroodjie

Hierdie een het ek self eendag per ongeluk uitgedink toe ek mense vir 'n braai kry, maar nie uiesoppoeier of karringmelk in die huis het nie. Wat dan gemaak? Improvise!

500 g bruismeel
1 pakkie sampioensoppoeier
5 ml sout
500 ml melk
50 ml suurlemoensap of wit asyn
200 g gerasperde kaas
pietersielie en paprika vir bo-oor strooi
1 groot sampioen, in skywe gesny (opsioneel)

Meng die bruismeel, sampioensoppoeier en sout saam in 'n mengbak. Gooi die melk en suurlemoensap saam in 'n maatbeker en roer tot die melk verdik (gebruik 'n bietjie meer as 50 ml nie genoeg is nie). Gooi nou die melk by die meelmengsel en roer goed tot 'n stywe deeg. Skep dit uit in 'n gesmeerde broodpannetjie en sprinkel die kaas bo-oor. Pak die sampioenskywe in die middel van die brood af en sprinkel die pietersielie en paprika bo-oor. Bak in 'n voorverhitte oond teen 180 grade vir ongeveer 50 minute of tot gaar. Laat vir 30 minute afkoel in die pannetjie en keer dan uit op 'n draadrak.

Deftige Broodjie

Ek het een Kersfees uitgehang met hierdie broodjie. Dit was nogal heel lekker, al was dit 'n bietjie geil (soos my vriendin Wilma sou sê!).

500 g bruismeel
1 pakkie sampioensoppoeier (of uiesop indien jy verkies)
250g-houer sampioene
250 g sampioenstukkies (bits of bacon)
500 ml karringmelk
200 g gerasperde kaas
pietersielie en paprika vir bo-oor strooi

Maak die sampioene skoon en sny dit in skywe. Braai die spekvleis in 'n pan tot gaar en bros. Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Hou 2/3 van die sampioen-en-spekvleismengsel eenkant.
Voeg die bruismeel en sampioensoppoeier saam in 'n mengbak. Voeg nou die 2/3 sampioen-en-spekmengsel en die helfte van die kaas hierby en vou deur. Voeg die karringmelk by en meng goed tot 'n stywe deeg gevorm het. Skep dit uit in 'n gesmeerde broodpannetjie. Sprinkel die orige kaas bo-oor, en dan die 1/3 sampioen-en-spekmengsel. Sprinkel pietiersielie en paprika bo-oor en bak in 'n voorverhitte oond teen 180 grade vir so 50 minute of tot die broodjie gaar is.
Laat vir 30 minute in die pannetjie afkoel en keer dan op 'n draadrakkie uit.

Sunday, February 15, 2009

Léanda se Spesiale Kaaskoektert

Ek het eendag een houertjie room en een houertjie maaskaas in die yskas gehad. Meeste kaaskoeke gebruik meer as een houertjie maaskaas, dus was dit nie 'n opsie om een van daardie te maak nie. Maar ek was lus vir 'n kaaskoekerige iets, en toe besluit ek om my eie skepsel te maak. En was die skepsel 'n treffer! Ek het die tert vir Ouma Yvonne se 70ste verjaarsdagpartytjie gemaak en die mense was gaande daaroor. En dit is so 'n maklike tert om te maak. Wat 'n bonus!

Die lekker ding van die tert (behalwe die smaak!) is die veelsydigheid daarvan. Afhangende van hoe jy voel of wat jy in die kas het, kan jy die volgende kombinasies vir die bolaag probeer:
Naartjiewiggies en lemoenjellie
Kersies en kersiejellie
Perskeskywe en perskejellie
Pynappel en pynappeljellie
Enige ingemaakte bessies en aarbeijellie

Ek gebruik altyd 'n kors van vingerbeskuitjies, maar aangesien dit 'n groot tert is en dus 'n duur storie kan raak, kan jy ook 'n beskuitjie-krummelkors gebruik of sommer net Tennisbeskuitjies op die boom van die bak uitpak.

Léanda se Spesiale Kaaskoektert

1 blik aarbeie in stroop
1 pakkie suurlemoenjellie
250 ml kookwater
400g Boidoirbeskuitjies
250 ml room
5 ml strooisuiker
250 g gladde maaskaas
397g-blikkie kondensmelk
125 ml suurlemoensap
1 pakkie aarbeijellie
250 ml kookwater

Dreineer die blik aarbeie en hou die stroop eenkant. Sny die aarbeie in die helfte deur.
Meng die suurlemoenjellie met 250 ml kookwater en laat eenkant afkoel.
Gooi die stroop in 'n vlak bak en doop die beskuitjies VINNIG aan albei kante in die stroop. (Dit maak die beskuitjies swaarder en sagter, dus lig dit nie op as jy die vulsel oorgooi nie en sny dit makliker - vingerbeskuitjies neem egter vog baie vinnig op, dus moet jy dit super-vinnig doop!)
Pak dit in 'n laag onderin 'n groot reghoekige tertbak.
Klits die room tot styf saam met die strooisuiker. Voeg nou die maaskaas hierby en klits dit weer goed.
Gooi die kondensmelk in 'n aparte bak en voeg die suurlemoensap by. Roer tot dik. Skep dit by die mengsel en roer meng goed. Voeg nou die afgekoelde jellie by. Skep die mengsel bo-op die kors en maak gelyk. Plaas in die yskas om te stol.
Maak intussen die aarbeijellie met die orige 250 ml kookwater aan en laat eenkant om af te koel.
Na so 2 of 3 ure in die yskas kan jy die tert uithaal en die aarbeie bo op die tert pak. Gooi nou die aarbeijellie versigtig bo oor die tert en die aarbeie en plaas terug in die yskas sodat die jellielaag kan stol.

Peppermint Crisp Tert

Pepperment Crisp Tert is my dood! Ek is lief vir alle yskasterte, maar as ek ná 'n ete net plek het vir één stukkie tert uit 'n keuse van honderd, sal dit Peppermint Crisp wees. Daar is eintlik niks ingewikkeld aan 'n Peppermint Crisp Tert nie. Sommige resepte wat ek al uitprobeer het, stol wel nie so lekker nie. Dus gebruik ek deesdae net Ouma Yvonne se resep. Dit kan nie flop nie en dis heerlik.

Ek het die naweek met Ouma Yvonne se verjaarsdagpartytjie vergeet om Peppermint Crisp-sjokolade te koop vir die tert, maar gelukkig het ek nog peppermentsjokolade-brokkies ("morsels") gehad wat ek by 'n catering verskaffer gekoop het. Dit het 'n heerlike geur aan die tert gegee - ek vermoed die pepperment is dalk bietjie skerper as dié in die sjokolade wat ons in die winkels koop.

Peppermint Crisp Tert

1 pakkie suurlemoen jellie
250 ml kookwater
200g-pakkie Tennisbeskuitjies
melk
250 ml room 0f 2 koevertjies Orley Whip
5 ml strooisuiker
1 blik karamelkondensmelk
100 g pepperment sjokolade of sjokoladesplinters
50 g pepperment sjokolade, gerasper

(Ek gebruik sommer 'n laag Tennisbeskuitjies vir 'n kors, maar as jy deftig wil wees, kan jy 'n ordentlike beskuitjiekrummel-kors gebruik.)

Los die jellie in die kookwater op en laat eenkant staan en afkoel.
Doop die Tennisbeskuitjies vinnig in 'n bietjie melk. (Dit maak die beskuitjies swaarder en sagter - dus lig dit nie op as jy die vulsel oorgooi nie en dit sny makliker.)
Pak dit onderin 'n reghoekige tertbak. Klits die room styf met die strooisuiker. Voeg nou die karamelkondensmelk by en klits goed tot dit gemeng en 'n gladde tekstuur het. Gooi die koue jellie by en meng goed deur. Rasper die 100 g pepperment sjokolade by die mengsel in, of voeg die sjokoladesplinters by en vou versigtig in.
Skep die mengsel bo-op die beskuitjies en maak gelyk. Rasper die 50 g sjokolade bo-oor.
Plaas in die yskas om te stol.